Local newsNews

Eerste parkrun Saterdag in Tzaneen gehou

Tzaneeners kan van die naweek af ook aan die gewilde 5km pretdraf deelneem. Lees wat jou te doen staan.

Tzaneen se heel eerste parkrun word dié naweek aangebied.

Al wat Tzaneeners moet doen is om voor 07:00 Saterdagoggend by die vertrekpunt by Safari Pub & Grill op die R71 aan te meld.

Die roete neem deelnemers vanaf Safari oor die pad na die Lushofhoewes wat as een van die mooiste roetes geag word.

 

ALSO READ: EVERYTHING YOU NEED TO KNOW ABOUT  TZANEEN parkrun

Die parkrun is gratis, maar inwoners word gevra om vooraf aanlyn te registreer by www.parkrun.co.za/register. Jy registreer net een keer, daarna hoef jy dit nie weer te doen nie. Bring ‘n gedrukte afskrif van die strepieskode (barcode). As jy dit nie doen nie sal jou tyd nie gemeet word nie,” sê Anelle Behr, een van die organiseerders.

Die parkrun word geheel en al deur vrywilligers georganiseer en mense wat graag wil help, kan Anelle e-pos by tzaneen@parkrun.com

“Jy hoef ook nie fiks te wees nie, ons almal hardloop vir ons eie plesier,” sê sy. Die roete begin met ‘n baie kort enkelpad wat ‘n grondpad word en effe afdraande deur ‘n plaashek na die plaas toe loop. Dit volg dan ‘n teerpad wat onderdeur ‘n brug loop. Daarna is dit roete redelik reguit voordat dit ‘n dam kruis gevolg deur ‘n kombinasie van teer- en plaaspaaie. Laastens is daar ‘n effense helling terug na die begin.Deelnemers word gevra om te alle tye bedag te weer op ander padgebruikers, nie rommel te strooi nie. “Dit is nie toegelaat om terselfdertyd met ‘n stootwaentjie en ‘n hond te hardloop nie.”

Safari Pub & Grill bied ‘n heerlike feesdag op hul terrein met kosstalletjies om die begin van die parkrun te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button