Local newsNews

Merensky wen krieket

Die Finsbury-skolekrieketreeks lewer uitstekende spel deur Tzaneen se voorste skole.

Tzaneen se voorste hoërskole vaar goed in die Finsbury-krieketreeks wat tans gespeel word.

Die Hoërskool Ben Vorster het twee naweke gelede met Hoërskool Lichtenburg afgereken terwyl Hoërskool Merensky op hul beurt verlede naweek Vossies geklop het.

Verlede Saterdag het Vossies en Plasies se eerstes teen mekaar op Merensky se veld te staan gekom. Merensky het eerste gekolf Ruan van der Schyff van Merensky het 47 lopies van 58 balle aangeteken en met die bal het Gerhardus Fourie drie paaltjies vir 30 lopies in 7.4 beurte geneem. Merensky se eerste span wen die wedstryd met nege lopies. Die eindtelling was 166/8 in 40 beurte vir Merensky en 157/10 in 38,4 beurte.

LEES OOK: Plasie krieket maak amok

Op Vossies se veld het Merensky se o.15-span ook goeie krieket gespeel en eerste gekolf. Maan Mistry het 88 lopies van 89 balle aangeteken en met die bal het Mistry vier paaltjies vir 14 lopies in 4,3 beurte geneem. Ruan Huysamen het drie paaltjie vir sewentien lopies in vier beurte geneem. Merensky se o.15-span het die wedstryd oortuigend met 199 lopies gewen. Die eindtelling was 234/8 in 40 beurte. Vossies is uitgeboul met 115/10 in 27,3 beurte.

Vossies het Saterdag 25 Januarie na Lichtenburg gereis vir hul wedstryde. Deurdringende reën deur die week en ‘n hewige donderstorm, Vrydagaand, het die buiteveld in ‘n “plaasdam” omskep. Spel om 12:00 begin.

Die wedstryd is egter na 40 boulbeurte (per span) verkort, Openingskolwers, Ruan Paulse en Ruben Vosloo het ‘n goeie fondament met hul vennootskap van 65 lopies om die eerste paaltjie gelê. Ongelukkig het Ruan sy paaltjie met sy telling op 41 verloor, maar kaptein Johndé Grobler het skitterend gekolf en is goed ondersteun deur die ervare Atwell Mokgoloboto. Die Hoërskool Ben Vorster het 252/5 aangeteken na hul 40 beurte en Johndé was nie uit nie met 85 lopies en Atwell met 50 lopies.

Die Black Caps se openingsbouler, Lulama Shilubane, het ‘n paaltjie met die eerste aflewering van Lichtenburg se beurt geneem en was Lichtenburg diep in die moeilikheid met hul telling op 38/6 na 12 boulbeurte. Lichtenburg se stertkant kolwers het egter weerstand gebied, maar aan die einde van die dag was die Black Caps net te sterk vir Lichtenburg en het hul op 158/9 na 40 beurte geëindig. Die Hoërskool Ben Vorster het die wedstryd oortuigend met 94 lopies gewen.

Ongelukkig was dit nie ‘n goeie dag vir Die Hoërskool Ben Vorster se o.15-span nie en het Lichtenburg die wedstryd oortuigend gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button