Skilpad met gate in dop gevind

'n Skilpad wat as troeteldier aangehou is, is in Arbor Park gevind met twee gate in sy dop geboor. Hy sterk tans aan by die Tzaneen Wildlife Rehabilitation Centre.

‘n Skilpad wat met twee gate in sy dop opgetel is, vaar goed nadat hy die nodige behandeling ontvang het.

Die twee gate is in sy dop geboor sê Azelle Grobler van Tzaneen Wildlife Rehabilitation Centre. Sy het ‘n beloning van R1000 uitgereik vir enigiemand wat die skuldige aan die pen kan laat ry.

Die skilpad wat ongeveer tien jaar oud, is in Geelhoutstraat in Arbor Park opgetel. “Daar was ‘n ronde skyf op sy dop met ‘n haak aan vasgeplak. Azelle sê die haak was waarskynlik om die skilpad mee vas te maak sodat hy nie wegloop nie.

 

BESOEK OOK: Tzaneen Wildlife Rehabilitation Centre

Hulle het die skyf van die dop verwyder en twee gate gevind wat in die dop geboor is. “Dis ook gedoen om die skilpad vas te maak en toe dit nie gewerk het nie, het hulle die skyf op die dop geplak.

Sy sê die dop van ‘n skilpad is soos jou naels. “Dis baie seer vir die skilpad, dis net sowel iemand boor ‘n gat deur jou nael,”sê sy. Hy het ook ou verfmerke op sy dop. Die chemikalië in verf is toksies en trek in sy liggaam in, sê sy.

Azelle raai inwoners aan om nie skilpaaie aan te hou nie. “Hy is een van vele skilpaaie wat al deur die sentrum versorg is en weer in ‘n veilige plek vrygelaat is. Mense hou hul as troeteldiere aan en sodra die nuwigheid afwater, laai hulle die skilpaaie by die sentrum af. “As troeteldiere volg hulle ‘n verkeerde dieet. Dikwels eet hulle net gras en huiskos. Hulle kan nie daarop oorleef nie,” sê sy.

Die doppe word misvorm weens die dieet weens die gebrek aan kalsium en dit neem baie jare om te herstel.” Dit gebeur ook dat honde aan die skilpaaie begin kou as hulle aangehou word, waarsku sy.

Skakel Azelle by 083 273 6793 as jy inligting oor die skilpad het.

Exit mobile version