Local newsNews

Letsitele se sitrusboere verloor boorde weens die droogte

Letsitele huisves van die land se voorste sitrusboere, maar gaan gebuk onder 'n droogte wat reeds vier jaar duur.

Dis die vierde jaar van ‘n knellende droogte in die Letsitele-omgewing en ongeveer 500 tot 1000 hektaar se sitrusbome is reeds verloor.
Vir elke hektaar se bome wat verlore gaan, is een werksgeleentheid daarmee heen, sê Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba en direkteur van Mahela-boerdery. Dit beteken dat daar ongeveer 1000 mense reeds hul werk verloor het.
Die verlore hektare kan ook toegeskryf word aan boere wat ouer boorde wat onderpresteer uithaal. In stede van toekyk hoe boorde van droogte doodgaan, voel die meeste boere dit is beter om dit bloot uit te haal, sê hy.
Volgens Vorster het die goeie reën van die afgelope tyd, verligting gebring. “Die veld lyk mooi en dit het op die kort termyn gehelp. Die gemoedere van die boere lig, maar die krisis is ver van afgeweer. Ons beleef ‘n groen droogte.”

 

Die baie warm weer in Desember, ‘n tradisionele reëntyd en ‘n belangrike tyd vir bome vir vruggroei, veroorsaak dat bome kleiner vrugte sal hê. “As daar nie voor die einde van dié reënseisoen goeie reën val nie, kan ons uiteindelik tot ongeveer 3000 hektaar se sitrusbome verloor,” sê Vorster.

LEES OOK: Middle Letaba virtually empty

Hy sê die baie lae damvlakke van die Ebenezer- en Tzaneendamme is uiters kommerwekkend. Water word van die Ebenezerdam na die Tzaneendam vrygelaat. Vanuit die Tzaneendam word water weer vir gebruik deur boere in die vallei en verder, tot en met die Krugerpark, vrygelaat.
Polokwane kry ook water vanuit Ebenezerdam. In die verlede was die bedoeling dat Polokwane water vanuit die Dap Naudédam sou ontvang. Weens die nalating van onderhoud kan dié water nie tans na Polokwane gepomp word nie al is dié dam is tans 80% vol.
Tans gebruik boere slegs 30% van hul normale toegekende waterkwota wat deur die Departement Waterwese en Sanitasie aan hul toegeken is. Hulle is grootliks aangewese op boorgate en opgaardamme wat baie lae watervlakke het.
Alhoewel landbou die grootste watergebruiker is, is landbouers die mees verantwoordelike ten opsigte van besparing van hierdie kardinale hulpbron wat ons almal se oorlewingsbron is. Ons pas beperkings op onsself toe, sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button