Local newsNews

Tzaneen Fietsryklub se besige kalender vir 2020

’n Joviale gees heers by die Tzaneen Fietsryklub en die wedrenne is ’n heerlike tydverdryf vir die hele gesin.

Tzaneen Fietsryklub is een van die mees aktiewe klubs in Limpopo met ‘n hele paar belowende ryers wat vanjaar hoop om goed te presteer.

Volgens Hendrik van Schalkwyk, voorsitter van die klub, het Alan Gordon, die klub se professionele ryer, ‘n baie besige jaar wat voorlê. “Gordon skop sy jaar in Februarie af met die Tankwa en daarna doen hy die Cape Epic van 15 – 22 Maart.” In Mei ry hy Sabie Experience, Gravel & Grape asook Tour de Limpopo. In Augustus reis na Colombia vir die La Leyende de Dorado. Met sy terugkeer ry hy die Magoeba Trek en in September doen hy die Cape Pioneer Trek en 3 Towers.

LEES OOK: MIAMI MTB A CAN OF FUN

Van Schalkwyk sê ander klublede wat Tzaneeners moet dophou by die Cape Epic is Gerhard Booysen, Sydney Swart, Billy Noel, Jan-Louis Pretorius, BJ van Zyl en Mark en Moné Pieterse.

Wedrenne in die omgewing wat kwalifiserend is vir Limpopo-kleure, is Mango Mania op 8 Februarie op Hoedspruit, die Munnik Meerkat op 7 Maart, Ysterberg Tibani wat op 2 Mei op Potgietersrus plaasvind en die die Miami Magoebaskloof op 27 Junie op eie bodem. Nog twee belangrike wedrenne is die Tshipise Challenge op 25 Junie op Musina en die Akkedis wat op 8 Augustus op Louis Trichardt plaasvind.

Nog plaaslike fietsrywedrenne wat inwoners gerus op die almanak kan aanteken, is die Hoedspruit Vlakvark op 20 Junie, ATKV Eiland MTB op 26 September, Mooketsi MTB op 3 Oktober, Mariepskop MTB op 10 Oktober en Insect Science Classic wat deur Stanford Lake College in Magoebaskloof op 7 November aangebied word.

Padfietse word nie afgeskeep nie en fietsryers het die geleentheid om deel te neem aan die Vula Vula by die Eiland op 12 September en die Kremetart op Louis Trichardt op 6 Julie.
Vir die skole is daar vier spesiale wedrenne. Van Schalkwyk sê dis ‘n riem onder die hart om die ywer waarmee leerders die wedrenne en die skolereeks aanpak. Die reeks is die Tour de Maroela in Julie, Tour de Marieps op 1 Augustus, Tour de Plaas op 15 Augustus en laastens die Tour de Lake op 5 September.

Tzaneen Fietsryklub bied jaarliks die Miami Magoeba MTB aan.

 

Van Schalkwyk vertel die klub is tans die enigste aktiewe klub in Tzaneen. “Ons het elke Woensdagaand ‘n nagrit en almal is baie welkom om in te skakel. Ons is tans besig om ons plaaslike roetes te merk om dit meer toeganglik te maak.”

Hulle gebruik sosiale media om inligting aan die lede deur te gee. “Daar is ‘n positiewe gees onder die lede.”
Gelde beloop R500 per gesin en R300 per enkel persoon per jaar. Klubhempies is ook beskikbaar.
Besoek gerus www.cyclingtzaneen.co.za vir meer inligting of skakel Van Schalkwyk by 082-443-3864 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button