2019 se Vossie-matrieks is tops

Hoërskool Ben Vorster het weer eens gewys waarom hulle as een van Limpopo se topskole geag word.

Hoërskool Ben Vorster het uitsonderlik presteer in die matriekeksamen met een leerder wat agt onderskeidings behaal het.

Thys Nortjé is aangewys as die vyftiende beste presteerder algeheel en as die beste leerder in Inligtingstegnologie in die provinsie.

LEES OOK: Nervous Vossie matrics happy with their results

Die skool se slaagsyfer is 95% en 96,3% van hul het vir verdere studie gekwalifiseer. Altesaam 196 onderskeidings is behaal.

Thys Nortjé is die toppresteerder met agt onderskeidings. Malaika Coetzee het ses onderskeidings en Caelyn Adendorff en Tirhani Maluleka het elk vyf gekry. Vier onderskeidings is behaal deur Vanessa Nkanyane, Liani Pretorius, Laurencia van Dyk, Michaela van Wyk, Christine Fourie en Nicola Joubert.

Matrieks wat met drie onderskeidings spog, is Ruan Ackerman, Wiets Beukes, Danielle du Plessis, Elme Genis, Bianca J van Rensburg, Candy Mathebula, Joane Mulder, Andries Nel, Andzani Ngobeni, Thylene Rossouw, Lane Scheepers, Nelize Smit, Zian van den Heever en James Vorster.

Die skool het elke leerder wat sy of haar beste  in 2019 gegee het, geluk gewens.  “Dit wat jy ingesit het, sou jou punte gereflekteer het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version