Hoërskool Merensky skitter in 2019-matriekeindeksamen

Hoërskool Merensky in Tzaneen was een van Limopo se topskole in die 2019 matriekeindeksamen

Hoërskool Merensky spog met die beste rekenaartegnologie-leerder (RTT) in Limpopo in die 2019-matriekeksamen.

Daarbenewens het die skool die beste uitslae in die Tzaneen-kring behaal en is hul sewende algeheel in Limpopo.

 

LEES OOK: Nkowankowa circuit on top in the district with matric results

Met ‘n slaagsyfer van 97,7% is die skool een van die topskole in die provinsie. Juan-Jacques Moller is tydens ‘n geleentheid in Polokwane as die beste RTT-leerder aangewys.

Hy en Janelle de Jonge het elk sewe onderskeiding behaal. Die ander presteerders is Janco Blignaut en Ruette Schoeman met ses onderskeidings elk en Anize Basson, Stefan Corbett, Assiva Patel, Liza-Ri Snyman en Jan-Carel van Niekerk met vyf onderskeidings elk. Vyf leerders, Modidimole Boke, Lisa Maguire, Bianca Moller, Zenesia Nukeri en Kesia Pohl het vier onderskeidings gekry.

Arnu Tonsing, Kieran Albertus, Kgantsho Gallant, Juan Smalle, Humairaa Yacoob, Dian Botha, Thinus Janse van Vuuren, Stefan Corbett en Mokgadi Marobela ontvang hul eksamenpunte by die skool.

Kayla Armstrong, Shihluke Banyini, Steph-Mari de Lange, Eduan Naudé, Mubin Patel, Shibu Ramango, Lourika Schutte, Juan-Jacques Smalle en Lin-Mari Theron het elk drie onderskeidings behaal. In totaal het die skool 189 onderskeidings, 1,1 onderskeiding per kandidaat. 135 (81%) kan vir B-grade gaan studeer. Dit is ‘n 4,8% verbetering op 2018 se resultate. 25 leerders kan vir diplomas inskryf, weer eens ‘n 2% verbetering.

Dit beteken dat 96% van die groep by hoëronderwysinstellings toegelaat kan word. Skoolhoof van Merensky, Magnus Steyn, sê die harde werk het vrugte afgewerp. “Dit bly ‘n voorreg om goeie uitslae te behaal. Sukses kom met die saamwerk van verskeie rolspelers: leerders, personeel, ouers en die gemeenskap. “Dit is die saamwerk wat baie keer deursettingsvermoë en entoesiasme kweek en uiteindelik die deur na sukses oopmaak.”

LEES OOK: MERENSKY KOOK TYDENS MATRIEKEINDEKSAMEN

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version