Letaba Herald word 60 jaar oud

Vir ses dekades al deel ons in die lief en leed van ons gemeenskap. Vind meer uit oor ons spesiale Letaba Herald 60 bylaag wat 26 September op straat sal wees.

60 jaar jonk en die ink het nog nie verdof nie.

Die geskiedenis van die koerantwese in Tzaneen het bykans net so interessante verloop geneem as die dorp en omgewing self. Reeds sedert 1959 spog Tzaneen met sy eie koerant. Op daardie stadium was Tzaneen waarskynlik een van die kleinste dorpies in die land wat kon spog met sy eie koerant.

In 1982 was die koerant aangewys as beste plattelandse koerant. Groot eer het ons weer vanjaar te beurt geval toe twee gesogte nasionale toekennings ontvang is.

Letaba Herald was nog altyd daar

Toe die bioskoop nog ‘n bioskoop was en toe hy sy deure sluit in 1979 was Letaba Herald daar.

Toe die nuut geboude Tzaneendam in 1976 voltooi is en vir die eerste keer oorloop op 2 Februarie 1977. Ons was ook daar toe die damwal afgebreek is vir groter kapasiteit, en die tenders verdwyn het.

En vanjaar waar hy nou so te sê leeg is. Ons sal ook daar wees as die damwal soos beplan in 2021 glo weer herbou is.

Letaba Herald was daar toe Tzaneng Mall sy deure oopgemaak het sowel as die Lifestyle Sentrum en Tzaneen Crossings.

Letaba Herald het deur die jare die lief en leed van ons gemeenskap gedeel. Stories vertel van onse mense in onse Letaba.

Letaba Herald het kleuters sien groot word, hulle gevolg deur hulle Laer en Hoërskool loopbane en waar van hulle vandag groot name in Suid Afrika is.

Dink maar aan Dawie Roodt, ekonoom, Gert van de Merwe, internasionale ontwerper, Dale Steyn, Protea krieket kaptein, Mauritz Lotz, musikant en so kan die lys aangaan.

Om ons 60 jaar in Letaba te vier bied ons die maand die geleentheid aan ons gewaardeerde adverteerders om in ons spesiale gedenk-uitgawe te adverteer teen pryse wat in toeka se tyd laas te sien was.

Die spesiale uitgawe sal die geskiedenis van die koerantwese vier met staaltjies, stories, artikels en daardie lastige drukkersduiwel foute wat ingesluip het oor die jare heen.

Letaba Herald is inherent deel van die gemeenskap, en ons sien uit om met trots ons mense te dien vir die volgende 60 jaar en meer.

Deur die jare kon ons altyd staatmaak op die gemeenskap se ondersteuning en ons wil graag met ons spesiale Letaba Herald 60 uitgawe adverteerders bedank met advertensie pryse wat laas in toeka se tyd te sien was.

As jy wil deel wees van die spesiale Letaba Herald 60 bylaag los gerus jou besonderhede hier onder en ons sal jou skakel met meer inligting.

Exit mobile version