AdvertorialBusinessLocal newsNews

Waarom jy nie Laerskool Tzaneen se opedag mag misloop nie

Laerskool Tzaneen nooi graag alle voornemende ouers uit om binnekort self te kom sien wat dit beteken om 'n Larrie te wees.

By Laerskool Tzaneen is die doel om leerders in totaliteit te ontwikkel, en sodoende bied die skool uitnemende kurrikulêre- en buite-kurrikulêre aktiwiteite aan in ‘n gedissiplineerde en ondersteunende skool-milieu tot diens van die gemeenskap.

Om gebalanseerde leerders te vorm word daar by Laerskool Tzaneen aandag gegee aan al die fasette van ontwikkeling. Akademie, sport, kultuur en tradisies vorm die grondslag van die totale pakket wat die skool aan leerders bied. By Laerskool Tzaneen is daar ‘n reuse verskeidenheid van aktiwiteite wat aangebied word, en is daar dus in werklikheid, iets vir elke kind!

Akademie

As daar gespeel word, word dit met oorgawe gedoen. Maar as dit tyd is vir leer dan word daar met ywer onderrig aangebied in behoorlik toegeruste klaskamers en deur bekwame, gekwalifiseerde onderwysers.

Laerskool Tzaneen is trots op die akademiese prestasies van hul leerders en spog gereeld met hulle in plaaslike media en op hul webtuiste. Loer gerus na die akademie afdeling vir die nuutste nuus.

Kultuur

Met Kultuurhoof, Me. Riétte Rossouw aan die stuur van sake, staan die Larrie kultuur sterk en presteer eersdaags met hope talent by Eisteddfod, redenaars, koor, hul eie gewilde talentaand en revue. Loer gerus na die nuutste Larrie kultuur nuus.

Sport

Adjunkhoof Sport, Mnr. Willes Steenkamp weet hoe belangrik liggaamlike ontwikkeling is vir ons kinders. By Laerskool Tzaneen word die volledige sport pakket aangebied met soveel keuses dat elke klein Larrie die kans het ‘n gesonde lewe te ly.

Die volgende sportsoorte word tans by Laerskool Tzaneen aangebied en die skool neem ook deel aan die Super-12 reeks:

• Atletiek
• Bergfietsry
• Gholf
• Krieket
• Hokkie
• Landloop
• Skaak
• Sokker
• Swem
• Tennis
• Netbal
• Rugby

Tradisie

Laerskool Tzaneen verstaan dat skool tradisies belangrik is om identiteit te kweek en leerders deel te laat voel van iets groter. In Laerskool Tzaneen is daar ‘n groot verskeidenheid tradisies wat oor die jare ontstaan het soos die Valentynsokkie, Wintersokkie, Lentesokkie, kaskar deelname, Graad 7 Speletjiesdag, Kerkdiens en Fietstoer, Graad 6 Avontuurnaweek en die baie spesiale Graad 1 Klokluiseremonie.

   

Related Articles

Back to top button