Plasies speel uitblinker rugby

Die Plasiespanne sal weer saam met hokkie en netbal, op 24 Augustus by die PHS Blitzfees te sien wees.

Hoërskool Merensky se O/15- en O/17-7srugbyspanne het op Saterdag, 27 Julie, aan die eerste toernooi van die seisoen deelgeneem.

Die Hansie 7’s Toernooi is aangebied by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong.

Deelnemende spanne was hoërskole Nylstroom, Merensky Frans du Toit en Hans Strijdom.

LEES: Active fun day held at Merensky

Die Plasies se O/15-span het in hul eerste wedstryd met Hans Strijdom A afgereken, met ‘n 22-17 oorwinning.

Daarna het hulle Hans Strijdom B met 38-0 kafgedraf en weer Hans Strijdom A die stryd in die finaal aangesê om uiteindelik met 26-12 te seëvier.

Hierdie belowende span wen ook die trofee vir die mees aanskoulike rugby vir die dag.

Merensky se O/17’s het ook as toernooiwenners uit die stryd getree, nadat Frans du Toit B, 43-0, Hans Strijdom B, 12-5, Frans du Toit A, 26-15, en Hans Strijdom A in die finaal met 38-10 geklop is.

Exit mobile version