Vossies korrel raak

Dit was ‘n briljante skietnaweek vir die Vossie skuts.

Die Vossies het deelgeneem aan die Noord-Gauteng Ope by Hartebeespoort vanaf 4-6 Julie.

Daar was skuts van KZN, Noord-Gauteng, Noordwes, Gauteng en Limpopo en altesaam 230 skuts het deelgeneem.

Die Vossies, wat deelgeneem het was: Maryke Basson, Zack Verster, Mareli Delport, Zander Engelbrecht, Cleo Kotzé, Pieter Basson, Semilda van Hansen en Tiard Thompson.

Maryke was die beste skut in haar ouderdom met ‘n 93% gemiddeld.

Sy was ook die beste skut van alle ouderdomme in die 3P O/21-groep. Zack het met 88% en Mareli het met 87% geëindig.

Pieter Basson het uitstekend geskiet met ‘n persoonlike beste van 89%. Zander 85%, Cleo 81%, Semilda 77% en Tiard 72%. Die volgende kompetisie sal by PHS op 27 Julie plaasvind.

Exit mobile version