KNP: Luukse hotel op ou treinspore beplan

Die beplande vyfster stilstaande hoteltrein beloof om jou 'n 380 grade uitkyk te gee op Skukuza.

Dit mag dalk ‘n trein na nerens in die middel van erens wees.

Maar die beplande vyfster stilstaande hoteltrein beloof om jou ‘n 380 grade uitkyk te gee op Skukuza.

Hetsy jy in die bad sit, in jou bed lê of op die treinbrug se houtdek met sy swembad ‘n skemerkelkie geniet.

Thebe Toerisme Groep het vroeër vanjaar, tydens die Indaba skou te Durban, die nuwe ontwikkeling in die Kruger Nasionale Park (KNP) met groot fanfare aangekondig. Die Hotel sal voortaan bekend staan as die Kruger Shalati ‘Train on the Bridge.’

Die projek inkorporeer die ikoniese en oorspronklik historiese Selati treinbrug in die Skukuza kamp, waar die KNP se eerste bewaarder. James Steven Hamilton, gaste ongeveer ‘n eeu terug ook verwelkom het.

Die Selati spoorweg, wat destyds onder die regering van Paul Kruger gebou is, het soveel draaie en kinkels gehad en is die projek later oopgevlek as een van die grootste bedrog -kandale tydens die Kruger regering.

‘n Projek wat uiteindelik 24 jaar sou neem om te voltooi midde groot omstredenheid, tekort aan fondse en twee oorloe. Die bou-skandaal is in 1895 oopgevlek.

Die konsessie was destyds met verskuilde agendas oorhandig aan ‘n ene Eugene Oppenheim.

Nadat onraad vermoed is, is die bouprojek se boeke onder oë geneem. Finansiele wanpraktyke was aan die orde van die dag. Konstruksie aan die spoorlyn is gestop en Oppenheim is vir drie jaar tronk toe gestuur.

In 1910 is bouwerk hervat.

Die roete van die Krokodilbrug na die Sabiebrug (nou Skukuza) was deur die KNP . In daardie jare was dit die Selati reservaat. Vonke het van die lokomotiewe af gespat wat meer as eenkeer veldbrande veroorsaak het.

Baie diere het ook in die slag gebly wat op die spoorlyn voor die lokomotiewe beland het. In 1969 word ‘n nuwe spoorlyn gebou aan die westekant, op die grens van die wildtuin, van Kaapmuiden af wat later, 20km verder,by die hooflyn sou aansluit, noord van die Sabirivier.

Nieteenstaande, herleef die brug nou weer al sy glorie en as alles volgens plan verloop sal die ‘Trein op die Brug’ hotel amptelik geopen word op 16 Desember.

Luidens Gavin Ferreira, algemene operasionele bestuurder van die Kruger Shalati, verseker hy voornememde toersite en toeroperateurs dat gaste binnekort luukse akkommodasie kan geniet, op die brug booor die Selatirivier.

Die trein sal gerestoureer en opgegradeer word met ‘n eksterne loopweg wat aan die treinbrug se struktuur vas sal wees.

Dit sal die kamers groter leefruimte gee as die gewone treinkompartement-styl kamer.

Die kamers sal ook dak tot vloer vensters bevat wat ‘n onbeperkte uitsig oor die rivier en wildlewe sal gee. Die ou blokhuis langs die brug sal gebruik word as basis vir ‘n swembaddek wat ontwerp is om meters bo die Selatirivier gaste sal laat kan afkoel. Die hotel sal 16 en-suite kompartement hotelkamers bevat wat 32 gaste sal kan huisves. Sewe kamers in die nabygelee Kruger Shalati Brug gatsehuis, langs die brug sal 14 gaste kan akkommodeer.

Elke wa sal slegs twee luukse kamers bevat. Daar sal ook ‘n sitkamerwa, kompleet met ‘n kroeg en uistsigdek wees. Teen Maart 2020 is die vooruitsig dat die trein oor 24 treinwa kamers sal beskik wat 48 gaste kan akkommodeer. Alle etes, drankies sowel as twee wildritte sal glo in die prys ingesluit wees.

Die ontwikkeling is een van talle wat deur die KNP beplan word in die volgende vyf jaar.

Lees: Massive infrastructural developments planned for Northern parts of KNP

Exit mobile version