TZANEEN: Vossie by Limpopo netbalkampioenskappe bekroon

Die span is algeheel as naaswenners in Limpopo aangewys.

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste, O/16 en O/14 netbalspanne het onlangs aan die Limpopo Netbalkampioenskappe by PHS deelgeneem.

Die eerstespan het as wenners in hul poel geëindig waar hulle teen Hoërskool Frikkie Meyer in die halfeindstryd gespeel het om deur te dring na die finaal teen Heuwelkruin.

Die eerstespan het gewys waarvan hulle gemaak is.

Deur harde werk en deursettingsvermoë is hulle onoorwonne as Limpopo kampioene gekroon.

LEES: #Maphalle24: Perished youths’ memorial service underway

Die O/16 span het ook nie teruggehou nie en het ook eerste in hul poel geëindig.

Hulle het in die halfeinstryd teen Frikkie Meyer gespeel en deurgedring na die finaal waar hul ongelukkig vasgeval het teen PHS se span.

Die span is algeheel as naaswenners in Limpopo aangewys.

Die O/14 span het hulle harte uitgespeel met gemengde welslae.

Met ‘n goeie vegtersgees is hulle algeheel vierde in Limpopo.

Die skool is baie trots op elke speler wat weet wat dit verg om ‘n vegter te wees tot op die einde en die Rooimasjien se naam hoog te hou, sê die skool.

Exit mobile version