Coca-Cola Beverages het Die Hoërskool Ben Vorster op 25 April besoek om erkenning aan hul 1ste krieketspan te gee wat vir die 2de jaar in ‘n ry die Limpopo Nasionale Skole T20-kompetisie gewen het.
Hul het sodoende ook die wengeld van R30 000 gewen.
Die Black Caps van Die Hoërskool Ben Vorster het Hoërskool Merensky in die Limpopo Finale gewen en deurgedring na die semifinale teen Hoërskool Waterkloof. Ongelukkig moes die Black Caps die knie buig teen Hoërskool Waterkloof.
Chester Mudau, bemarkingshoof van Coca-Cola, het ‘n krieketsak vol oefen-apparaat aan Johan Harms, kaptein van die 1ste span oorhandig.
Hulle het ook koue verversings vir die spelers asook aan leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster uitgedeel.
Die krieketspelers en leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster bedank mnr. Mudau vir hul ondersteuning en goedhartigheid.