Local newsNews

TZANEEN: Sewe jaar al selfvoorsienend

Letaba Herald het onlangs met ‘n inwoner gaan gesels oor hulle lewe ‘off the grid’.

“Ons het so sewe jaar gelede besluit om sonder Eskom klaar te kom. Totaal. Ons het besluit ons gaan probeer om self voorsienend te wees, soos toe ek ‘n kind was. Sodat jy verantwoordelik is vir jou eie doen en late en jou eie lewe,” verduidelik Anton*.

Hy verduidelik verder, “as ons eiers wil hê dan loop ons en gaan haal eiers uit die hok en as jy ‘n hoender wil hê dan slag jy een. Ons het lemoenbome, avo’s en ‘n klein groentetuintjie – ons noem dit sommer ‘n ‘pick ‘n loop’.”

“Wat die elektrisiteit betref is dit regtig nie moeilik om totaal van die kragvoorsieningsnetwerk af te wees nie,” verduidelik hy.

“Ek dink dit is eintlik regtig eenvoudig as jy die wiskunde doen. Wat het jy wanneer nodig – met ander woorde wanneer gaan jy stroom trek, wanneer het jy baie krag nodig en wanneer gaan jy minder gebruik. En dan pas jy maar jou lewe volgens dit aan. Dit is regtig haalbaar,” vertel Anton.

Sewe jaar gelede, en soos hy self sê, net omdat hy nie veel omtrent die onderwerp geweet het nie, het hy ‘n kleinerige stelsel ingesit maar van die begin af met die doel om dit uiteindelik groter te kan maak.

READ: HOEDSPRUIT: Justice for Riff Raff

Aanvanklik ‘n 3kva sisteem, nou, na 7 jaar kan hulle 19kva opwek op ‘n bewolkte dag.

“Eending wat mens moet besef is dat daar altyd ‘n backup-plan moet wees want as ons nou vir so ‘n week of twee aanmekaar reën kry, moet die wasgoed steeds gewas word en die tuimeldroër moet tuimel. My vrou moet haar hare kan blaas, verstaan jy?” verduidelik hy.

Dit is alles goed wat baie krag gebruik want alles wat warm word gebruik baie krag.

“So mens moet dan belê in ‘n kragopwekker ook, ek het ‘n 22kva bystand kragopwekker en ons brand, gemiddeld, omtrent so 10 liter diesel ‘n maand. As dit so baie is want dit gebeur maar min,” Hy verduidelik dat die opwekker een maal elke twee weke outomaties aanskakel en vir 5 of 10 minute hardloop, net om die “diesel te roer sodat dit nie begin groei nie,

“Ek het nie baie kennis van dit nie maar dit is wat ek gehoor het so elke twee weeke dan skakel hy vanself aan,” sê hy verder.

Sy diesel onkoste is minimaal. Die stoof, die oond en die geysers werk alles op gas, dit het hy deur die jare mooi bereken en dit kos hulle ongeveer R70 ‘n maand aan gas.”

Dit is baie goedkoper as wat jy dit nou met krag sou warm maak.

Ek skat ‘n normale huishouding het so gemiddeld 9kilowat krag per dag nodig, ek wek so 19kilowat op.

My boorgat pomp loop met dit, alles wat jy in jou huis doen werk met dit.

My kragopwekker skakel dadelik oor as die sonkrag nie werk nie.

Die 10 kva omskakellaar (inverter) wat ek gebruik word in Nederland vervaardig.

Die goed se oorskakeling is so flink, sou die kragopwekker moet aangaan, is daar nie eers ‘n flikker in die ligte nie,” vertel hy.

Hy kan die batterye herlaai en die krag deurgee aan die res van die goed wat elektrisiteit gebruik.

“Ek kan nou op die stelsel op my rekenaar kyk en presies sien hoeveel krag na die batterye toe en hoeveel gaan na die huis toe gaan. Die huis kry voorkeur vir die krag en dit wat oorbly gaan dan na die batterye toe,” verduidelik Anton.

As daar baie son is sal die panele begin peak op so 6000watt – dit is baie krag- teen 53 ampeer(die pomp/stroom sterkte).

“So dit is baie elektrisiteit wat gegenereer word op ‘n baie hoë ampere. Alles werk perfek, jy het nou ‘n regulator, ‘n MPPT noem hulle dit, wat maak dat jy nie jou toestelle uitbrand nie en ook nie die batterye kook nie. Eintlik is dit ‘n baie eenvoudige konsep.”

READ: TZANEEN: Old Plasie proud member of Last Four Lions

“Sal ek dit aanbeveel? 100%. Is dit duurder as sewe jaar terug? Verseker. Maar dis steeds die moeite werd,” sluit Anton af.

*Skuilname word gebruik om die indentiteit van die inwoner te beskerm.

Related Articles

Back to top button