TZANEEN: Vossies in aksie by Menlo

Ben Vorster se 1ste span vertrek komende Woensdag na die KES Easter Festival in JHB.

Vossie rugby stoei met Hoërskool Menlopark in die voorstad.

Menlo se O/14-, O/15- en O/16-spanne, wat huidiglik in die top 10 spanne van S.A. is, was moeilik om in toom op te hou op hul tuisvelde.

Die Vossies se O/14A-span uitslae was 31/0 en O/14B, 5/42 in die guns van Menlopark.

Die O/15’s het hulle self goed van hulle taak gekwyt en was halftyd 7/15 agter, maar moes aan die einde die knieg buig met ‘n finale telling van 22/7.

Die O/15B-span het egter gewys dat die diepte baie gesond by die Vossies se 0/15’s is en Menlo 12/10 gewen.

Die Vossies se O/16’s het ‘n groot vegpoging aangewend en was met rustyd 10/7 agter, maar Menlo se manne het nie opgehou met hulle aanslag nie en het aan die einde 37/7 gewen.

Die O/16B-span verloor 48/0.

Die senior manne het gewys dat die boerseuns die stadsmanne in ‘n kopklem kan kry.

Die Redbulls se telling was 7/37.

Die Nyati’s het soos ‘n goeie rooiwyn met tyd beter geraak, maar het ongelukkig 15/31 verloor in ‘n klipharde stryd.

Ben Vorster se 1ste span het spoedig uit die blokke aangeval, maar kon net nie die lyn breek nie.

Die Vossies was binne minute 6/0 voor gewees – met twee verbroude strafskoppe daarby.

Ben Vorster was met halftyd in beheer van die wedstryd (16/15), maar was te gemaklik gewees vir die eerste paar minute na halftyd waar Menlo elke kans gevat het.

Menlo het aan die einde die laaste sê gehad en die wedstryd 44/30 gewen.

Tot Dr. Danie Craven sou trots gewees het op die gehalte rugby wat opgedis is op die dag.

Ben Vorster se 1ste span vertrek komende Woensdag na die KES Easter Festival in JHB.

Die skool wens hulle sterkte toe met die volgende uitdagings.

Exit mobile version