Local newsNews

Knibbelende kewers moontlik ‘n bedreiging?

Hierdie kewers is ongeveer 2mm lank en is inheems aan Suidoos-Asië.

‘n Nuwe bedreiging staar boere in en om Tzaneen en Letsitele gebied moontlik in die oë.

Die bedreiging staan bekend as die Poliphage Skutgatboorder kewer.

Hierdie kewers is ‘n lastige spesie wat baie omgewingskwessies kan veroorsaak.

Volgens Greenpop is die kewer in Johannesburg, Knysna, Pietermaritzburg, noord van Polokwane en onlangs in die Kruger Nationale Park ontdek en word dit dus ‘n moontlik bedreiging vir die inheemse bome van Suid-Afrika.

Die PSHB het al meer as 200 boomspesies van 28 plantfamilies besmet reg rond om die wêreld. Sommige van die belangrike kommersiële gewasse wat belangrik is in ons omgewing, is egter vatbaar vir die Skutgatboorder kewer soos Avokados, Pekanneute, Macadamia neute, Lemoen bome en Suurlemoen bome.

Die kewer hou dus ‘n baie groot bedreiging in vir ons spesifieke omgewing, aangesien Letsitele een van die grootste sitrus en avokado boerdery gebiede in die land is.

Mense kan juis gaan kyk na gevalle in Isreal en veral California se avokado boerdery wat geraak is deur die kewer.

Hierdie kewers is ongeveer 2mm lank en is inheems aan Suidoos-Asië.

Daarbenewens word die Poliphage Skutgatboorder, of PSHB, geassosieer met verskillende soorte swamme.

Een van hierdie swamme is Fusarium euwallacea.

Die skutgatboorder kewer deel ‘n simbiotiese verhouding met hierdie swam, aangesien hierdie swam die hoofbron van voedsel is, en dit is die hoofoorsaak wat verband hou met die verwelking van bome.

Die ander soorte swamme word geglo om die kewer se kolonisasie van nuut besmette bome te help.

Ongelukkig is die kewers te klein om op te spoor.

Wat jy egter kan doen, is om die besmette bome te identifiseer.

Die simptome van besmette bome wissel van een boomsoort na ‘n ander en daar is baie tekens wat wys wanneer ‘n boom besmet is.

Sommige van hierdie tekens is:

Verwelking van bome, dooie takke, uitgang / toegangsgate op die bas van die bome, haelgeweeragtige letsels op die bas by toegangs- / uithoekgate, suiker vulkane op die bas by toegang / uitgang gate, vlekke van druipende hars op die bas by toegangs- / uithoekgate en houtpoeier op die bas by toegangs- / uitgangspaaie.

Tot dusver het vorige verslaggewers en berigte beweer dat daar geen oplossing ontdek nie en insekdoders is ondoeltreffend teen die PSHB omdat die kewers diep in die hout boor.

Die enigste vorm van weerstand teen die kewers is egter om die geinfekterde boom af te sny en die hout te verbrand om die verspreiding van hierdie kewers te voorkom.

Voorsorgprosedures moet geneem word wanneer plante en bome vervoer of hanteer word om te verseker dat die kewer nie verder versprei word nie.

Suid-Afrika word beskou as die biodiversiteitskapitaal van die wêreld en is ‘n gasheer vir 299 spesies soogdiere en 858 voëlsoorte.

LEES: Dwergverkleurmannetjie gedy op Mahela se kiwi plaas

Baie hiervan is swaar afhanklik van bome as ‘n bron van voeding en lewensmiddele.

Daarom kan die Skutgatboorder werklik moontlik ‘n bedreiging vir wat Suid-Afrika uniek maak wees.

Met ons te perse gaan het ons baie plaaslike boere en kenners geskakel, sowel as baie verwysings gekry.

Ons sal dus in volgende uitgawes meer inligting hê en verder berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button