Local newsNews

HOEDSPRUIT: Rugbyfees binnekort hier

Al die inwoners van die omgewing word genooi om die dag saam te kom geniet en die plaaslike rugbyklub te ondersteun.

Die tafel is gedek vir die grootste rugbydag ooit op Hoedspruit wanneer die Pumbas Rugbyklub binnekort sy 75ste bestaansjaar op Drakensig vier.

Die feesvieringe begin reeds Vrydagaand, 5 April, wanneer ‘n funksie vir vorige spslers, bestuurslede, borge van die klub en eregaste gehou gaan word.

Die funksie lei ‘n naweek van feestelikheid in wat voortgesit word Saterdag, 6 April met nie minder nie as tien wedstryde wat op Drakensig aangebied gaan word.

Die eerste wedstryd begin reeds om 09:00 wanneer die Pumbas ‘n derdespan in die veld stoot om teen die Swazi Cheetahs te staan te kom.

Die Pumbas se tweedespan speel in die volgende wedstryd teen Komatipoort 1 waarna daar rugby sal wees tot omstreeks 9-uur die aand.

Die Pumbas in aksie.

Die Pumbas se eerstespan kom om 18:20 teen Letaba 1 te staan.

Die volledige program vir die dag is as volg:

09:00: Pumbas 3 vs Swaziland Cheetahs

10:10: Pumbas 2 vs Komatipoort 1

11:20: Witrivier 3 vs Louis Trichardt 3

12:30: Nelspruit 2 vs Louis Trichardt 2

13:40: Ratels 1 vs Letaba 1

14:50: Witrivier 2 vs Malelane 1

16:00: Neslpruit 1 vs Potgietersrus 1

17:10: Rooikatte vs Louis Trichardt 1

18:20: Pumbas 1 vs Letaba 1

19:30: Witrivier 1 vs Noordelikes 1

Benewens die rugby gaan daar ook ‘n gesellige biertent en opgewekte musiek aangebied word en die hele naweek beloof om ‘n feestelike samesyn vir die hele gemeenskap te wees.

Al die inwoners van die omgewing word genooi om die dag saam te kom geniet en die plaaslike rugbyklub te ondersteun.

Vir meer inligting kan Naas du Plessis geskakel word op 083 393 1025 of Romeo Jones op 083 439 2466.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button