NewsSchools

TZANEEN: Plasies praat hond-uit-‘n-bos

Hiermee bewys die Plasies dat hulle slaggereed is vir die Radikale Redenaarskompetisie later vanjaar.

Dat die Plasies van praat hou, is ‘n feit.

Dat hulle dit boonop geniet om aan spanredenaarskompetisies deel te neem, is ‘n feit soos die alfabet.

Spanredenaarskompetisies vir 2019 het verlede Dinsdag afgeskop met 7 spanne se deelname aan die jaarlikse Veritas kompetisie, aangebied by Hoërskool Pietersburg.

Die borg van die kompetisie, Veritas Inc (rekenmeesters en ouditeure), het die waarde van redevoering op skoolvlak besef.

Dit is reeds die derde jaar dat Hoërskool Merensky met groot sukses aan hierdie kompetisie deelneem.

Spanne van PHS, Eric Louw en verskeie laerskole het oor twee dae die beoordelaars se ore laat gons.

Vanjaar het die Plasie-praters behoorlik mond uitgespoel en pragresultate behaal.

Die graad 10-span, wat bestaan uit Mariesa Schutte, Stef Lordan, Brett Richter en Hanno Theunissen, is aangewys as die span met die hoogste punte, 91%.

Hul vermaaklike toespraak ‘Grootmense slaan die lagkitaar’ het die beoordelaars besonder beïndruk.

Die graad 11-span het redeneer oor ‘Magnete sonder oemf’, en ook hulle afdeling met 88% gewen.

Jamie Robertson, Suandrie Corbett, Zoë Robertson & Amelda Pretorius.

Die graad 9’s het sommer drie spanne ingeskryf.

Jackie van Heerden, Anje Swanepoel, Tonei Wright & Tamryn Bosch.

Hulle het mekaar lekker opdraend gegee, en is die span van Wessel de Kock, Michelle Robertson, Keynan Fox en Megan Kirstein met hulle komiese kykie na ‘Dinge wat deure laat toeklap’, met 80%, as graadwenners aangewys.

Die graad 8-span met Tonei Wright, Jackie van Heerden, Anje Swanepoel en Tamryn Bosch het met slegs 1% minder as PHS, as naaswenners uit die praatstryd getree.

Keynan Fox, Wessel de Kock, Megan Kirstein & Michelle Robertson.

Albei spanne is egter vol moed om hul teenpraters volgende jaar te wys waar Dawid die praatwortel begrawe het.

 

Related Articles

Back to top button