Local newsNews

Tuinbou vergader in pragtuin

Die Letaba Tuinbou Vereniging het Vrydagmiddag 22 Februarie hulle algemene jaarvergadering in die pragtuin van Susan en Dirk Scholtz in Tzaneen aangebied.

Susan het aan die 32 dames teenwoordig verduidelik sy het haar inspirasie vir haar bruggie in Ierland gekry, waar sy ‘n soortgelyke maar baie ou bruggie gesien het.
Terug by die huis het sy mooi beplan waar in haar twee hektaar tuin sy dit gaan oprig en met die konstruksie begin.

Die lede en gaste kon tydens die funksie oor die bruggie met ‘n kabbelende stroompie water wat onderdeur vloei, stap.

Die bruggie word bewonder.

Die tuingedeelte by die bruggie is nuut aangeplant en behoort na die winter reeds vol in blom te wees.

Volgens Cora Lubbe, die voorsitster, is dit ‘n unieke projek in ‘n Tzaneen-tuin en beslis baie besonder.

‘n Nuwekomitee vir 2019/20 is verkies en die voorsitter, Cora Lubbe, het die voorsitster stoel na 18 jaar aan Elize de la Rey en die nuwe komitee oorhandig.

Related Articles

Back to top button