Editor's choiceLocal newsNews

‘n Aerie op die highway…only in Africa, vertel ‘n Tzaneener

FOTOS: 'n Plaaslike inwoner, Eugene Fourie vertel dat die vliegtuig wat gister 'n noodlanding op die N1 moes maak, die laaste ding is wat hy verwag het oppad terug na Tzaneen toe.

‘Nee kyk, daai ou kan vlieg. Daar is ‘n kraglyn daar naby waar hy geland het.’

So vertel Fourie nadat hy en Jaco van Wyk Woensdag, 6 Maart op die N1 teruggekeer het na Tzaneen na ‘n besigheids besoek in Gauteng.

Lees: Light aircraft makes emergency landing on major Pretoria North highway

‘Ons het so gery-stop-gery-stop. Ons kon nie sien wat voor in die pad aangaan nie. Die verkeer het ook op ‘n stadium doodstil gestaan. Ons het maar gedink dis ‘n groot ongeluk,’ het Fourie aan die Herald vertel.

Foto: Eugene Fourie

Soos die verkeer weer begin aan beweeg het, was dit die laaste ding wat hulle op die N1 verwag het om verby te ry.

‘Mens verwag nie ‘n aeroplane op die N1 nie, only in Africa,’ vertel hy tong in die kies.

Fourie is van mening dat die vlieënier uiters bekwaam was om die vliegtuig veilig op die grond te kon kry met die noodlanding.

Foto: Eugene Fourie

“Nee kyk, daai ou kan vlieg. Daar was ‘n kraglyn baie naby waar hy geland het…”

Die Herald verneem dat die vlieenier, Johannes Moolman van die Moolman-groep Woensdag omstreeks 07:45 van die Wonderboom-lughawe opgestyg het.

Foto verskaf

Hy was oppad na Polokwane vir besigheid.

Die Piper Malibu Jetprop het glo skielik begin krag verloor op 5 790m (19 000vt.)

Moolman het die noodlanding veilig uitgevoer.

Niemand is in die voorval beseer nie, en volgens Moolman het die vliegtuig nie ‘n skrapie opgedoen nie.

 

Related Articles

Back to top button