HOEDSPRUIT: Luissssslang vat ‘n bad by die Jouberts

"Luislange kan tot so groot soos klein duikers vreet. Daar was nog nooit 'n slang in Suid-Afrika wat 'n mens gevreet het nie."

OOR die honde se waterbak.

Deur die venster geseil.

Tussen deur die kinders se beddens en rustig gaan lêplek kry in die bad vol seep.

So het ‘n wyfie luislang van oor die 2meter haarself in Frikkie Joubert, sy vrou Tanya en twee dogters Zelda(12) en Annie(8) se huis gaan tuis maak om omstreeks 05:40.

“My oë het amper uitgeval Sondagoggend toe ek die slang in die bad sien met al die seep. Dit was amper nie meer nodig om toilet toe te gaan nie,” vertel Frikkie, ‘n huurder van River Bent Lodge op die Jonkmanspruit pad tong in die kies.

Die slang het oor die honde se waterbakke geseil en so kon ons die beweging bepaal, ons dink sy was in die kombuis en hoofslaapkamer ook.” vertel Frikkie.

Louw Badenhorst en sy vrou Anne-Maré, eienaars van die Joubert gesin se huis het gaan oë wys toe hulle hoor van die geval.

“Ek dink die slang wou net kom bad,” spot Louw.

“Dit moes ‘n chaotiese ervaring wees maar tog het Frikkie en sy gesin dit op die regte manier hanteer,” het Louw aan die HOEDSPRUIT HERALD vertel.

Frikkie het die slang op ‘n veilige afstand dopgehou.

Hy het Donald Strydom, eienaar van die Kinyonga Reptile Centre, geskakel.

“Luislange kan tot so groot soos klein duikers vreet. Daar was nog nooit ‘n slang in Suid-Afrika wat ‘n mens gevreet het nie,” vertel Strydom.

Mike Symons, een van Kinyonga Reptile Centre se studente is uitgestuur om die slang te verwyder en die knewel is na die sentrum geneem.

Volgens Strydom sal die sentrum die slang monitor en is sy tans in kwarantein.

Die slang sal na rehabalitasie sowat 15km van die Joubert gesin se huis in die berge vrygelaat word, luidens Strydom.

Die Joubert gesin is dankbaar vir Kinyonga Reptile Centre se hulp.

Indien enige inwoner ‘n nare-rare-ware slang ondervind, skakel Donald op 082 299 3981 of 015 795 5203.

Exit mobile version