TZANEEN: Macadamia se inwoners vier die liefde in rooi

Dit is een van die drie funksies wat die inwoners gratis kan bywoon en die funksie is daar ingestel spesiaal om die inwoners te bederf.

Macadamia se inwoners het op Valentynsdag ‘n lekker saamkom geleentheid geniet waar hulle saam die dag van liefde gevier het.
“Ons hou elke jaar ‘n paar sosiale funksies hier by Macadamia,” vertel Elize Theunissen, die organiseerder van die funskie.

Theunissen is ook deel van die beheerraad se sosiale kommittee.

Heerlike eet en drinkgoed is geniet.

Die inwoners van Macadamia het die funksie geniet en was deftig uitgedos in skakerings van rooi en wit.

“Ons maak dit vir die mense prettig. Ons het hierdie jaar vir hulle ‘n dans nommertjie gedoen met mense wat min of meer hulle ouderdom is, net om vir hulle te wys dat hulle dit ook nog kan doen,” verduidelik Theunissen.

Die gehoor was mal oor die optrede en het daarna ‘n speletjie geniet waar hulle gelyktydig ballonne moes ‘pop’ om ‘n geskenk te wen.

Denise Reid het die prys – ‘n oulike valentyns-teddiebeer – gewen.

Theunissen vertel dat hulle baie dankbaar is vir die donasies wat hulle ontvang om die geleenthede aan te hou.

Dit is een van die drie funksies wat die inwoners gratis kan bywoon en die funksie is daar ingestel spesiaal om die inwoners te bederf.

“Ek wil net by sê dat die mans dink dit is ‘n vroue ding, maar dit is nie! Dit is vir almal en ons waardeer dit so as hulle saam ons kom sit en kuier,” vertel Theunissen.

Kyk deur fotos van die funksie hieronder:

Exit mobile version