HOEDSPRUIT: Reën hou Voortrekkers nie terug om te kamp nie

Dit was harde werk; hulle moes stap, klim, hardloop en nog vele ander doen.

Die Voortrekkers het die naweek ‘n lekker kamp geniet ten spyte van die reën weer.

Die weer is dopgehou en baie reën is voorspel.

Sommige ouers wou die kamp uitstel.

Maar ondervinding het geleer van uitstel kom afstel.

En bonop was daar vol programme in die weke wat voorlê.

Die kinders was vuur en vlam en wou net kamp.

Tasse is al Woensdag gepak.

Die Voortrekkers kamp by Franklyn Park.

Maats is per uitnodigingskaartjie genooi om saam te kamp en almal was opgewonde.

Die Voortrekkerskamp is vir die eerste keer by Franklyn Park aangebied.

“Wat ‘n heerlike voorreg om op die mooie kampterrein te kamp, te danke aan Blyde Adventure Centre en Karel en Lani Smit,” sê die Voortrekkers.

Jody-Lee pak haar mensgemaakte spoor.

Kinders van graad R tot graad 11 het gekamp.

Die graad R en 1 kinders, Dominique en Nikita, het selfsorg gedoen .

Hulle het geleer hoe om klere op te vou, hoe om hulleself netjies te hou en nog vele ander.

die oudstes Johandrie en Juanite wat saam die die jongstes kamp en so leer hulle van mekaar .

Daar was ongelukkig geen graad 2 kinders wat gekamp het nie.

Graad 3, JodyLee, Lindy-Lee en Lambert, het spoorkennis gedoen, en graad 4 en 5, Conrad, Ninicke, Leonora, Carli, Samantha en Zehan, het vasbyt gedoen.

Dit was harde werk; hulle moes stap, klim, hardloop en nog vele ander doen.

Nig Vicki en Maryna help die kinders by die glybaan.

Graad 6 en 7, Hanco, Byron, Fourie, Anton, Yanie, Kerneels, Gabby, Joy, Aurette en Kira, het kampkook gedoen.

Al die kampkook kinders by hulle tafel.

Hulle moes vuur pak en het verskeie metodes geleer, self kos voor berei vir ‘n potjiekos en het die heerlikste potjiekos gemaak.

Hanco en Kerneels pak hul vuur.

Die Verkenners, Juanita, Johandrie en Philip het staptogte gedoen en onder Wynand ‘n paar dinge geleer, van rugsak pak tot rigting hou en kaart te lees en hulle moes ook ‘n roete stap.

Kampkokers pak die vuur vir die Franklyn potjie.

Buiten al die leerwerk het die kinders ook tyd gekry om te speel; daar is op die glybane gegly en fiets gery en heerlike met die perde gekuier.

Yani oefen om ‘n gasstoof aan te steek.

Dankie aan Francois Theron wat Die Voortrekkers daar ondersteun het.

Francois is ‘n ware aanwins vir Franklyn Park.

READ: HOEDSPRUIT: R40 is burning – shops looted, vehicles hijacked and several buildings set alight

Al die volwassens wat gekamp het en hulle naweek opgeoffer het om vir die kinders ‘n geleentheid te gee.

Baie dankie Vikci Meyer, Jan Joraan, David Hendricks, Wynand de Bryn, Leandra Kruger, Marlize Snyman en Martiza de Kock.

Sonder hulle entoesiasme sou die kamp nie ‘n sukses gewees het nie.

Exit mobile version