CrimeEditor's choiceNews

Kaping by mall skok Tzaneen

“Dit is regtig jammer die voorval het plaasgevind, maar die feit dat die voertuig binne 32 minute teruggevind is, is ‘n bewys van die puik sekuriteitsnetwerk waaroor Tzaneen beskik.”

‘’n Uiters waaghalsige motorkaping in Tzaneen se middedorp het die gemeenskap vandeesweek geskok, maar ook die fokus geplaas op die uiters effektiewe en bekwame sekuriteits-netwerk waaroor die omgewing tans beskik.

“Dit is regtig jammer die voorval het plaasgevind, maar die feit dat die voertuig binne 32 minute teruggevind is, is ‘n bewys van die puik sekuriteitsnetwerk waaroor Tzaneen beskik.”

Dit luidens Alida Smit, Tzaneng Mall se algemene bestuurder, nadat ‘n vrou se voertuig in die ondergrondse parkeer-area Maandagmiddag, 4 Febraurie om omstreeks 13:30 gekaap is.

Volgens Smit was die vrou, wat verkies om annoniem te bly, reeds in haar Toyota Etios toe ‘n onbekende man haar nader. Die verdagte het haar geforseer om oor te skuif na die passasierskant. Sy het egter kopgehou, uitgespring en weggehardloop. Dit is nie duidelik of die man gewapen was nie.

Die polisie het bevestig dat die vrou se inkopies, haar selfoon en handsak ook in die proses geroof is. Die vrou het haar na ‘n vriendin in die sentrum gehaas vir hulp en die sentrumbestuur is in kennis gestel. Smit het op haar beurt die polisie en sekuriteitsmaatskappye in kennis gestel.

Tzaneen Buurtwag het ‘n versoek van Canine Sekuriteit ontvang om op die uitkyk te wees vir die voertuig. Die voertuig is deur middel van ‘n opsporingstelsel verlate naby die byebrug op die Ga-Kgapanepad deur ‘n lid van die buurtwag gevind.

“Die voertuig is deur een van ons lede gekry en die kar het die randsteen van die pad getref. Large Sekuriteit en Letaba Sekuriteit was ook vinnig op die toneel,” het die Buurtwag aan die Herald bevestig.

Lees: Motor gekaap in Boundary straat

Daar word vermoed dat daar later van ‘n wegkomvoertuig gebruik gemaak is. Marius Jacobs van Canine Sekuriteit het aan die HERALD gesê dat daar in 90% van kapings wegkomvoertuie gebruik word.

“Die manne in sulke motors is gewoonlik gewapen,” volgens Jacobs.

Die verdagte wat die motor gekaap het, is steeds op vrye voet. “Ons is dankbaar dat die dame nie seergekry het nie. Persone moet opsporingstelsels in hulle voertuie sit. Dit maak dit baie makliker vir ons en die polisie om die kar vinnig op te spoor,” sê Jacobs. Smit wil die gemeenskap verseker dat die sentrumbestuur onmiddelik na die voorval Urban Sekuriteit, wat hulle gebruik, opgeskerp het. “Die parkeer-area het nou dubbel die sekuriteitsbeamptes en die polisie het addisionele patrollies in omgewing geskeduleer,” luidens Smit. Sy is baie in haar skik met Tzaneen se sekuriteitsnetwerk.

“Sekuriteits maatskapye en die polisie in Tzaneen verdien ‘n applous. In vergelyking met ander dorpe dink ek nie daar is nog so ondersteuningsnetwerk nie. Die voertuig is binne 32 minute gevind. Dit sê mos iets van ‘n goeie netwerk,” het Smit aan die HERALD vertel.

Die polisie, Tzaneen Buurtwag, Canine Sekuriteit, Letaba Sekuriteit en Large Sekuriteit word geloof vir hulle bystand tydens die kapingsdrama.

Sluit aan by die maatskappye en word deel van die sosiale media netwerk groepe.

Jy weet nooit wanneer jy van hulle dienste gebruik sal moet maak nie.

Related Articles

Back to top button