HOEDSPRUIT: Riepies toon staal tydens byeenkoms

Die Riepie atlete het uitgeblink in onderskeie items en 10 gouemedaljes, 13 silwer en 12 bronsmedaljes ingepalm.

Laerskool Mariepskop se atlete aan die kring byeenkoms deelgeneem, te Laerskool Phalaborwa-Noord op 30 Januarie.

Die byeenkoms dien as die eerste stap op pad na die Limpopo Kampioenskappe toe.

Die Riepie atlete het uitgeblink in onderskeie items en 10 gouemedaljes, 13 silwer en 12 bronsmedaljes ingepalm.

Die talentvolle Casey van Wyk kwalifiseer vir die volgende byeenkoms in drie items naamlik hoogspring, verspring en 100m vir dogters O/12.

Sestien van die atlete is deur na die streeksbyeenkoms te Laerskool Phalaborwa.

Laerskool Mariepskop se Marila Tremper is onoorwonne in die 800m vir dogters O/13. Sy het ook twee derde plekke behaal in haar ander twee items. Marila is dus deur na die streeksbyeenkoms.

Die res van die Riepies wens hul atlete net die beste toe vir die res van die seisoen.

Exit mobile version