NewsSchools

HOEDSPRUIT: Super-M by Riepies aangebied

Die Riepie atlete het uitgeblink in die nat toestande en spog met 19 goue medaljes, 16 silver en 11 brons.

Laerskool Mariepskop het hul jaarlikse Super M-byeenkoms aangebied op Saterdag.

Nege skole het aan die dag deel geneem naamlik, L/S Phalaborwa, L/S Phalaborwa-Noord, L/S Drakensig, Fauna Park Primary, Steelpoort Akademie, L/S Burgersfort, Meridian Collegeen Southern Cross.

Die Riepie atlete het uitgeblink in die nat toestande en spog met 19 goue medaljes, 16 silver en 11 brons.

Daar is ook ‘n paar rekords verbeter, waarvan vier deur Riepie atlete verbeter is.

Hul is verbeter deur Casey van Wyk vir hoogspring en verspring vir dogters onder 12, Edunette Kriel vir 70m hekkies vir doters onder 10 en Sherisma Snyman vir spiesgooi dogters onder 12.

Riepies bedank graag al die deelnemende skole vir hul positiewe gesindheid en goeie sportmansgees.

Die Riepies is vreeslik trots op hul atlete en sien uit na die volgende byeenkoms te Laerskool Drakensig.

Related Articles

Back to top button