TZANEEN: Yestercars begin 2019 op ‘n knorrige nood

Die klub wat sy eerste lewenslig in 1983 gesien het, het gesorg dat blink vuurwaens uit die verlede wat hulle in die Tzaneen omgewing bevind nie verlate en vergete geraak het nie.

Die Yestercars Lowveld veteraan motorklub van Tzaneen het Sondag hul eerste byeenkoms van 2019 gehou ten midde van groot opgewondenheid onder die lede teenwoordig.

 

Die klub wat sy eerste lewenslig in 1983 gesien het, het gesorg dat blink vuurwaens uit die verlede wat hulle in die Tzaneen omgewing bevind nie verlate en vergete geraak het nie.

Almal sit gesellig by die byeenkoms.

Tydens die geleentheid is die kalender vir 2019 bespreek en soos gebruiklik aan die begin van ‘n nuwe jaar is ‘n nuwe bestuurskomitee aangewys.

Cobie Kemp se Mercedes Benz.

Hennie Smit is as voorsitter herkies met Cobie Kemp wat diens sal doen as ondervoorsitter.

Hennie Smit se rooi Chevrolet.

Christa Smit sal weer die skoene as sekretaresse en tesouriere volstaan tesame met Adrianna Jacobs wat met haar 1958 Morris ‘n getroue bywoner van die klub se byeenkomste is.

Adrianna Jacobs se Morris

Addisionele lede vir die jaar verkies is Eddie Simpson en Theuns Viljoen.

Eddie Simpson se wit Barracuda.

Beplande uitstappies vir die jaar is onderandere ‘n pretrit na Hoedspruit, ‘n gesamentlike byeenkoms met die Pietersburg veteraan motorklub te Haenertsburg, ‘n skattejag en ‘n mini-tydren.

LEES MEER: Yestercar spog met veteraan motors

Die klub se volgende byeenkoms is op Sondag, 17 Februarie.

Belangstellendes is baie welkom om vir Hennie Smit of Christa Smit te skakel by 083 259 2806 of 083 285 0664.

Exit mobile version