TZANEEN: Yestercars begin 2019 op ‘n knorrige nood
Die klub wat sy eerste lewenslig in 1983 gesien het, het gesorg dat blink vuurwaens uit die verlede wat hulle in die Tzaneen omgewing bevind nie verlate en vergete geraak het nie.
Die Yestercars Lowveld veteraan motorklub van Tzaneen het Sondag hul eerste byeenkoms van 2019 gehou ten midde van groot opgewondenheid onder die lede teenwoordig.
Die klub wat sy eerste lewenslig in 1983 gesien het, het gesorg dat blink vuurwaens uit die verlede wat hulle in die Tzaneen omgewing bevind nie verlate en vergete geraak het nie.
Tydens die geleentheid is die kalender vir 2019 bespreek en soos gebruiklik aan die begin van ‘n nuwe jaar is ‘n nuwe bestuurskomitee aangewys.
Hennie Smit is as voorsitter herkies met Cobie Kemp wat diens sal doen as ondervoorsitter.
Christa Smit sal weer die skoene as sekretaresse en tesouriere volstaan tesame met Adrianna Jacobs wat met haar 1958 Morris ‘n getroue bywoner van die klub se byeenkomste is.
Addisionele lede vir die jaar verkies is Eddie Simpson en Theuns Viljoen.
Beplande uitstappies vir die jaar is onderandere ‘n pretrit na Hoedspruit, ‘n gesamentlike byeenkoms met die Pietersburg veteraan motorklub te Haenertsburg, ‘n skattejag en ‘n mini-tydren.
LEES MEER: Yestercar spog met veteraan motors
Die klub se volgende byeenkoms is op Sondag, 17 Februarie.
Belangstellendes is baie welkom om vir Hennie Smit of Christa Smit te skakel by 083 259 2806 of 083 285 0664.