OPVOLG: Vermiste Tzaneen broers moontlik gevind

Die Du Preez broers wat Saterdag as vermis aangemeld is, is moontlik gevind.

Daar word volgens betroubare inligting van ‘n rolspeler in die soektog na die twee Du Preez broers wat Saterdag as vermis aangemeld is verneem dat hulle moontlik opgespoor is.

Lees: Tzaneen: Du Preez broers sedert Saterdag vermis

“Alle leidrade word opgevolg, ons kan nie nou al bevestig dat hulle veilig is nie. Ons werk saam met die SAPD om hulle veilig by die huis te kry. As hulle veilig by die huis is sal ons die gemeenskap laat weet,” is aan Letaba Herald vertel.

“Die polisie ry self uit hom hulle te gaan haal,” het Zelda, hulle ma aan Letaba Herald bevestig.

Meer inligting volg.

 

Exit mobile version