TZANEEN: Swembad toegang bly ‘n kopseer

“Dit bekommer my om te dink dat ons kinders in daardie plek moet gaan kaartjies koop om te kan gaan swem...”

Talle inwoners van Tzaneen is erg omgekrap nadat die munisipaliteit ‘n kennisgewing gepubliseer het dat die publieke swembad se toegang kaartjies nou ook by die B&B ( wat langs die swembad geleë is) en na bewering ‘n dag rus is met uurlikse tariewe, gekoop kan word.

“Dit bekommer my om te dink dat ons kinders in daardie plek moet gaan kaartjies koop om te kan gaan swem,” het ‘n besorgde inwoner aan die LETABA HERALD vertel.

Die kennisgewing, wat oa op die GTM se webblad verskyn, noem dat die publieke swembad se kaartjies bekom kan word by die munisipale kantore van Tzaneen, Nkowankowa, Lenyenye, Health and Fitness gym, en die B&B langs die swembad.

Lees: Tzaneen Swembad Saga: Eers oop…nou dolleeg!

Volgens Neville Ndlala, media woordvoerder vir die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM), het hulle besluit om die kaartjies by die B&B te verkoop omrede hulle bewus geword het dat die ander kaartjie afsetpunte nie toeganklik genoeg is nie. Volgens Ndlala glip persone glo deur die die B&B om toegang tot die swembad te verkry sonder om te betaal .

“As gevolg van die B&B se ligging en toeganklikheid word die kaartjies by die B&B verkoop vir die gerief van die publiek, alhoewel diegene wat kommer hieroor het kaartjies by enige van die ander genoemde afsetpunte kan verkry.  Kaartjies is beskikbaar by die Tzaneen Health & Fitness Gym en by die genoemde munisipaliteite teen R 25 p/p, met opsies van maandeliks en seisoen kaartjies.

“Ons verstaan die bekommernis van die gemeenskap en ons is bereid om verdere ondersoek in te stel oor die beweerde reputasie van die B&B.  As ons ‘n besluit geneem het oor die gebruik van die gastehuis, sal ons terugvoering gee aan die publiek,” het Ndlala aan die Herald gesê.

Toe hy gevra is oor die moontlikheid van ‘n kassiere by die ingang van die swembad, het hy verduidelik dat die salaris ongeveer R 300 000 p/j  (R25 000 ‘n maand) sal beloop, oortydbetaling oor naweke in ag geneem moet word en daar is tans nie begroot vir die posisie nie. Hy het wel bygevoeg dat kaartjies by die B&B ‘n tussentydse oplossing is wat op die oomblik vir die GTM werk en dat hulle oop is vir enige voorstelle.

Skakel Neville Ndlala op 073 076 2125 indien jy ‘n oplossing het. Enige kommentaar op die artikel? Epos: nicolajvv9@gmail.com.

Exit mobile version