Local newsNews

TZANEEN: Pienk olifante, nee seekoeie

En net vir die rekord..... dit is nie pienk seekoeie nie!

Ons het almal al gerugte gehoor van manne wat pienk olifante gesien het na ‘n ernstige kuiersessie in die kroeg, maar by die Bosbokklub by die skougronde in Tzaneen is dit nie die geval nie….daar word seekoeie gesien!

‘n Inwoner van die omgewing het verlede Woensdagaand ongeveer 22:00 die klub verlaat en groot was sy verbasing toe hy ‘n familie seekoeie op die rugbyveld gewaar.

Die klomp het rustig gewei aan die groengras, min gepla wat om hulle aangaan.

Die droogte wat tans in die omgewing heers, dien heel moontlik as motivering vir die besoek van die ou groottes aan die veld.

Ons as gemeenskap is voorwaar bevoorreg om die natuur se mooi so na aan ons te kan beleef.

En net vir die rekord….. dit is nie pienk seekoeie nie!

Related Articles

Back to top button