Wildstropers keer terug na Letsitele

Die karkasse is vir ongeveer een kilometer vêr langs die spoorlyn gedra tot by die brug in Letsitele waar dit opgelaai en verwyder is.

Twee nuwe gevalle van wildstroop het onlangs op twee verskillende plase in die Letsitele omgewing plaasgevind en skade ter waarde van honderde-duisende rande is die gevolg.

Lees: Wildstropery buite beheer

Vrydag nag, 19 Oktober het wildstropers toegeslaan op ‘n wildskamp op die eiendom van Laeveld Sitrus by Letsitele.

Giel Brits wat in diens staan van die maatskappy, het aan Letaba Herald gesê dat vier swart Koedoekoeie en een jong swart Koedoebul wat deel uitgemaak het van ‘n spesifieke teelprogram, is gevang en doodgemaak terwyl drie bosbokke ook in die slag gebly het.

“Dieselfde modus operandi is gevolg as met die vorige reeks strooptogte in die omgewing, wat die vermoede laat ontstaan dat dieselfde persone verantwoordelik is,” het Brits vertel.

Die karkasse is vir ongeveer een kilometer vêr langs die spoorlyn gedra tot by die brug in Letsitele waar dit opgelaai en verwyder is. Behalwe vir drie persone wat tydens een van die vorige insidente in hegtenis geneem is, is geen verdere arrestasies nog gemaak nie.

Die drie is steeds in aanhouding tot en met hulle saak op 15 November voor die hof sal verskyn. Volgens Brits is die geskatte waarde van die diere R150 000.

In nog ‘n voorval verlede Woensdagnag is die eiendom van Dr.Gert du Preez op die Eiland / Rubbervale pad betree, strikke gestel en twee Nyalabulle ter waarde van R100 000 gestroop.

Du Preez, ‘n veearts van die omgewing, het aan die Herald vertel dat dit die vyfde keer hierdie jaar is wat wild by hom gestroop is. “Hierdie stropers is goed georganiseerd en weet presies wat hulle doen”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version