Local newsNews

Koerant doedies se doedelsakke wen

Drie groot gekenkpakke is uitgedeel aan die eienaars van handsakke vol vreemde goeters, interessante items en die handsak wat gelyk het soos ‘n mobiele asblik het ook ‘n prys gekry!

Woensdag, 10 Oktober was Internasionale handsakdag – wat dit ookal mag beteken en hoekom dit ingestel is en wanneer kan ‘n mens gaan Google.

Maar by die Herald se kantore het dit vir groot prêt gesorg.

Lees: Wats in daai sak…is jy gereed?

In goeie gees is die vroue almal gevra om hulle handsakke te kom skud … party wou nog mooi netjies item vir item uitpak maar dit is nie toegelaat nie.

Van Letaba Herald se wonderlike adverteerders was gaaf genoeg en het saam gespeel.

Drie groot gekenkpakke is uitgedeel aan die eienaars van handsakke vol vreemde goeters, interessante items en die handsak wat gelyk het soos ‘n mobiele asblik het ook ‘n prys gekry!

Baie dankie aan Borge: Tzaneng Apteek, Olive Tree Gift & Coffee Shop, Medicare Apteek Tzaneen, Past 2 Present en Zen Spa vir die saamspeel en die lieflike geskenke! In die foto is ons wenners vlnr: Nicole du Plessis, Carmen Malan en Magda de Jager.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button