Editor's choiceLocal newsNews

Afriforum sit die stop terug in STOP-straat vir Tzaneen se inwoners

AFRIFORUM het Maandag, 1 Oktober vyf pad-stoptekens aan die Groter Tzaneen Munisipaliteit geskenk om padveiligheid te bevorder.

“Padtekens word verwyder en vir skrootyster verkoop,” het Derrick Henning van die GTM aan LETABA HERALD gesê.

Johannes Malatjie, Hoof van Verkeer by die GTM het sy bekommernis uitgespreek oor die toename in die diefstal van padtekens in die dorp.

“Ons moet daagliks tekens vervang wat baie duur is maar ons primêre verantwoordelikheid is die veiligheid van ons padgebruikers,” het Malatji gesê.

Pieter Venter van die plaaslike AfriForum tak het gesê dat hulle hande vat met die GTM om die Tzaneen omgewing beter en veiliger te maak.

“Ons besef dat daar nie altyd genoeg geld in die begroting is om addisionele uitgawes te dek nie daarom ons bereidwilligheid om te help,” het Venter vertel.

AfriForum het ook ‘n kontrakteur aangestel, wat in samewerking met die GTM areas buite die dorp skoonmaak deur die gras te sny en boom takke te verwyder wat in die toekoms ‘n probleem kan veroorsaak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button