Local newsNews

OPVOLG: Varke wat brode kan bak en pikante roosters het twee by skou!

Varke wat brode kan bak en mini braairoosters vir 'n vinnige vleisie oor die kole het twee van Tzaneen se manne in George om te skou!

Johann Coetzee van Hoërskool Merensky het ‘n totaal van 61 varkie-broodoond bestellings gekry sedert LETABA HERALD oor sy blink plan berig het om dit vir homself moontlik te maak om aan die Nasionale Landbou skou te gaan deelneem.

Lees: 56 van Johan se varke is gereed vir broodbak

Hy het Woensdag 26 September verjaar en 16 kersies op sy koek uitgeblaas.

Lees: TZANEEN: Ons wil weet wat jy smous jongeling

Daar was tyd ingeruim om sy verjaarsdag te vier oor die naweek, maar nie voor hy sy klante se varkies klaar aanmekaar gesweis het nie.

Johan druk besig om een van sy varkies aanmekaar te sweis.

Hy het Vrydag na George om aan die skou te gaan deelneem.

Sterkte Johan. Bring die medaljes huistoe!

Indien daar laatslapers is wat nog ‘n varkie broodoond wil bestel, skakel gerus, 082 417 7231.

Gerhardes Cheney se mini- braairoosters het ook alle verwagtinge oortref en die jong man, ook van Merensky en wat sy staal saam Johan gaan toon by die landbouskou, het 38 braairoosters aanmekaar gesweis.

Lees: TZANEEN: Cheney sweis roosters om te gaan spog op skou

Gerhardes by een van sy roosters

Die kersie op die koek, of eerder die ekstra tjoppie geluk op die rooster,  was ‘n addisionele vyf bestellings, al die pad van Pretoria.

Hard aan die sweis.

Dus het hy 43 roosters wat wag vir sy klante om ‘n vleisie op te braai.

Vir nog bestellings, skakel: 063 773 0472.

 

Related Articles

Back to top button