CrimeEditor's choiceNews

TZANEEN: Wees versigtig vir die weldoeners

'n Plaaslike gemeente was die teiken van hartelose bedrieƫrs wat onder die dekmantel van goeie dade probeer het om hulle in te loop.

Op Vrydag, 31 Augustus, ontvang Mariaan de Beer, Gemeentlike Bestuurder van die Hervormde Kerk in Tzaneen, ‘n oproep op haar selfoon van ‘n man wat 70 komberse, vier gasbraaiers en twee gasbottels aan die kerk wil skenk.

“Ek wag langs die R528 Georges Valley pad, presies 16km uit die dorp uit in ‘n swart Toyota Fortuner vir julle” het die persoon gesĆŖ, “maar julle moet met ‘n bakkie die goed kom haal, dit gaan nie als in ‘n kar pas nie.”

Ds.Richard van der Westhuizen, leraar van die gemeente, bevestig toe die aanbod met die persoon.

Minute daarna ontvang Van der Westhuizen ‘n oproep van die persoon waarin versoek word dat hulle vier, R275, Vodacom databondels moet koop en saambring aangesien hulle seun se voertuig gebreek het en sy vrou die data vir die kind wil oorplaas. Hy noem dat hy R1 400 kontant by hom het waarmee hy vir die bondels sal betaal.

Van der Westhuizen raak suspisieus toe die persoon nie bereid is om in te ry dorp toe, die databondels te koop en die genoemde goedere by die kerkkantoor af te gee nie.

‘n Lidmaat van die gemeente wat in die omgewing was, skakel toe die persoon wat baie ontwykend was en sĆŖ dat hy gery het, “want hulle neem te lank om die goed te kom haal.”

Op Dinsdag, 11 September, ontvang Van der Westhuizen ‘n oproep van ‘n plaaslike inwoner wat noem dat iemand vleis aan die kerk wil skenk.

Hy maak kontak met die individu, wat homself voorstel as oom…. en die vertel dat hy probleme ondervind met sy koelkamer en daarom wil hy graag ‘n bees, ‘n skaap, ‘n vark en houers met verwerkte vleis aan die kerk skenk. “Ons is presies 13.6km uit die dorp uit op die R71 pad, net voor Tarentaalrand” het die man aan Ds.van der Westhuizen gesĆŖ, “maar ek sal langs die pad vir julle wag.”

“Ons pak die vleis solank in ‘n klein sleepwaentjie wat ek vir julle sal leen, dan spaar ons tyd, so kom met ‘n voertuig wat ‘n sleepstang aan het,” het “oom” verder aan van der Westhuizen gesĆŖ. Drie minute later skakel die persoon weer vir Van der Westhuizen en noem dat hy vier bakkies het wat moet uitgaan en vra dat Van der Westhuizen asseblief vier, R275, Vodacom lugtyd-koopbewyse moet aanskaf en vir hom saambring. “Skakel my asseblief onmiddellik wanneer jy die lugtyd gekoop het.”

Binne ‘n paar minute lui dominee se foon weer en “oom” wil weet of hulle al oppad is om die vleis te kom haal? Van der Westhuizen sĆŖ toe aan die persoon dat hy vermoed hulle besig is met ‘n bedrogspul en niks verder met hom te doen wil hĆŖ nie.

“Nou vlieg dan in jou peetjie in, maar jy sal my nog in die openbaar om verskoning vra,” laat waai “oom” van frustrasie.

Mariaan en Ds.Richard is van verskillende selfoonnommers geskakel tydens hierdie voorvalle, maar wat interessant is, is dat hierdie oproepe almal van uit die NoordKaap gemaak is, tussen Britstown en Carnarvon naby die R384 pad.

Die feit dat in beide gevalle daar versoek is om “hulle dadelik te skakel” sodra die Vodacom produkte aangeskaf is, dui duidelik daarop dat hierdie ‘n slenter is van individue om lugtyd in die hande te kry.

Ds.Richard doen ‘n beroep op die publiek, en spesifiek ander gemeentes, om uiters versigtig te wees wanneer hulle gekontak word deur sogenaamde ‘weldoeners’.

Related Articles

Back to top button