NewsSchools

Plasies vertoon ‘skutterend’

Die Merensky Boogskietspanne het onlangs by die Wild Crete 3DBaan in die suide van Pretoria aan die derde been van die ABO Triple Crown deelgeneem.

DiĂ© byeenkoms was die laaste voor die wĂªreldkampioenskap in Oktober en die nasionale kampioenskap in November. Die vasberade Plasies het weereens hul staal getoon tydens die kompetisie.

Die eerstespan, Ryan Jackson, Lin-Mari Theron, Sean Hunt en Canell Jackson het, ten spyte van die lastige wind,‘n silwer medalje behaal. Die tweedespan, Rohan Wewege, Ashley Hunt, Armand Wiers en Rikus Fauriehet ‘n brons opgeraap. Pa, Dawie Theron (MBR en afrigter) en sy dogter, Lin-Mari (FY) is bekroon met goud, terwyl Sean Hunt (YMR15-17), Canell Jackson (FY) en BenĂ©che Jackson(FBO) bronsmedaljesverdien het.

Verskeiekolskootskuts: Sean Hunt, Benéche Jackson en Dawie Theron, het na afloop van die kompetisie hul provinsiale kleure ontvang.

Lin-Mari Theron het ‘skutterende’ skietwerkgelewer en niks kon haar keer nie. Sy behaal nasionale kleure vir ABO en spog met ‘n #plasiewenner veertjie in haar hoed.

Related Articles

Back to top button