Editor's choiceLocal newsNews

TZANEEN: Die varke in Johan se verhaal staan gereed vir broodbak

VIDEOS: Johan Coetzee vorder fluks met sy varkie broodoonde en het alreeds 19 klaar wat gereed is om afgelewer te word.

LETABA HERALD het verlede week berig oor die leerder van Merensky wat later vanjaar aan die Nasionale Landbou skou gaan deelneem te George.

Lees:  TZANEEN: Die vark in Johan se verhaal het te doen met ‘n broodjie in sy oondjie

Om fondse in te samel om die geleentheid te kan benut, het hy vorendag gekom met die briljante idee om varkie broodoonde aanmekaar te sweis uit ou gasbottels en te adverteer.

Video:

Nadat die pleidooi op sosiale media geplaas is, en die HERALD oor die vindingryke plan berig het, het broodbak koors in Tzaneen vlam gevat en het die bestellings ingestroom.

Na verneem word staan sy bestellings al ver oor die 30.

Die varkies staan gereed vir aflewer.

Die krag het Saterdag so bietjie gelol, en is sy ‘produksie’ ietwat gekniehalter, maar 19 varkies is sover voltooi.

Video:

Sterkte Johan.

Die HERALD sal weekliks oor Johan se vordering berig.

Elke sport het sy beserings, het sy ma aan die HERALD vertel, en sy hande trek aan die swaarkant met al die sweisery, maar sy mannemoed laat hom nie onderkry nie. Sy droom om aan die skou te gaan deelneem blyk nou realiteit te wees.

Video:

Vat vyf Johan!

Maar wag, daar is meer….

Moet nie volgende week se uitgawe misloop nie, want nog ‘n plasie, Gerhardes Cheney sweis braai roosters, lig, klein en kompak.

Cheney gaan ook aan die Nasionale Landbouskou deelneem.

Moet nie sy artikel misloop nie!

Related Articles

Back to top button