Vossie leiers aangekondig

Die Vossies het hulle nuwe leiers aangekondig om die leisels oor te neem en die skool na nuwe hoogtes te lei.

“‘n Kind is ‘n direkte verlengstuk van dit wat in die ouerhuis geleef word. Daarom is dit die mooiste mooi wanneer ‘n klomp passievolle jongmense saam met ouers ‘n funksie bywoon om die begin van ‘n baie opwindende seisoen in hulle lewe te begin,” sê die skool.

Die Hoërskool Ben Vorster se 2018-studenteraad is op Maandag, 23 Julie ingehuldig toe hulle ouers seremonieel hulle baadjies aan hulle oorhandig het. Hierdie gebaar getuig van ouers wat inkoop by die verantwoordelikheid van hierdie nuwe leiers asook jong opkomende leiers wat die verantwoordelikheid aanvaar om die rooi masjien te neem en na groot hoogtes te lei. 2018/2019 se koshuisrade is ook die geleentheid gegee om deel te vorm van hierdie spogaand.

Toekie Vorster Dameskoshuis en Vyfster Seunskoshuis stap hand-aan-hand om hierdie volgende jaar ‘n onvergeetlike jaar te maak.

‘n Hoogte punt van hierdie oorgee was toe John Naude (Vyfster Seunskoshuis se uittredende hoofseun) die toga oorgee aan Meyer Voster. Ons wens ook vir Zonika Stapelberg en Meyer Voster baie sterkte toe vir hierdie groot taak wat op hulle rus.

Nielia Blignaut en Erik Meintjes het as uittredende hoofleiers van Hoërskool Ben Vorster hoë eise gestel vir die nuwe Voorsitter en Voorsitster om na te volg.

“Ons hou met verwagting vir Milané Smit en Christiaan Smit dop om te sien wat hulle met die voortou van hierdie dinamiese skool sal maak. Baie sterkte word die nuwe leiersgroep toegewens,” sê die skool.

Exit mobile version