Local newsNews

TZANEEN: Onteieningslys rede tot paniek vir plaaslike boere?

Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba raai boere van die omgewing aan om “rustig te raak.”

AFRIFORUM het paniek onder plaaslike boere gesaai met die bekend making van ‘n lys van plase wat blykbaar kwalifiseer vir die regering se onteiening sonder vergoedings program.

Sewe plase uit die 195 is in Limpopo geleë met slegs California in die Tzaneen omgewing.

Volgens Ernst Roets van Afriforum is die lys ‘n interne dokument van die Departement van Landelike ontwikkeling en Grondhervorming wat deur die organisasie by ‘n ‘betroubare-bron’ verkry is.

Die departement ontken ten sterkste die bewerings en Linda Page, woordvoerder van die departement sê: “Die lys van Afriforum is fiktief.”

‘n Totaal van 195 plase word genoem wat geidentifiseer is vir die genoemde program.

Daar kan egter nie bevestig word of dit die finale lys is waarvolgens die regering sy onteieningsprogram van stapel gaan stuur en of die lys slegs vir besprekingsdoeleindes saamgestel is nie.

Dan Kriek, president van Agri SA het gesê dat die lys sekere inligting kommunikeer wat nie waar is nie en dat daar ‘n proses is wat gevolg moet voor eiendom onteien kan word.

Lees: West Rand property owner to be directly affected by land expropriation speaks out

“Daar moet onthou word dat onteiening nie oornag kan gebeur nie,” luidens Annelize Crosby, hoof van grondsake by Agri SA. Volgens Crosby moet voorgeskrewe stappe wat met onteiening gepaard gaan gevolg word. Die huidige bepalings van die grondwet bly steeds staande wat billike vergoeding vir onteiening vereis. Sekere stappe wat gevolg moet word voor onteiening kan plaasvind sluit ondermeer die vlg in: Kennisgewing van oorname om te onteien, waardasie van die eiendom en onderhandeling met grond eienaars.

Pieter Vorster voorsitter van Agri Letaba raai boere van die omgewing aan om “rustig te raak.”

“Daar is tans geen verandering aan die bestaande wet mbt tot grondhervorming nie.”

“Die plaas California is onderverdeel in ‘n sekere aantal plotte met van hulle reeds in swart eienaars besit,” het Vorster aan LETABA HERALD gesê.

Letaba Herald verneem dat die Instituut van Rasse Verhoudings aangedui het dat die lys glo ‘wettig’ is.

‘Ons neem kennis dat die departement aangedui het dat daar nie waarheid in die dokument steek nie.’

Volgens Terrence Corrigan van die instituut het hulle die lys onder oë gehad, en het alle rede om te glo dat dit wettig is. Intussen word boere gevra om kalm te bly.

Related Articles

Back to top button