Local newsNews

Tzaneen VLU word 50

Die aanbieding van die 23ste konferensie van Koraalstreek VLU op 7 Maart vanjaar was deel van Tzaneen VLU se vyftigste verjaarsdagviering.

DIE Tzaneen Vroue Landbou Unie (VLU) is op 16 Julie 1968 gestig en het bekend gestaan as die Ngwanatsi-Vallei tak. In 1994 is dit herdoop na die Tzaneen VLU.

“Om saam te kom, is ’n begin; om saam te bly, is vooruitgang; om saam te werk, is sukses”. Dit was die woorde van die destydse streeks voorsitter, wyle Jo Lubbe tydens die stigting van die genoemde tak.

Die tak vaar baie goed op streek en provinsiale vlak met kompetisie artikels, en deur die jare het vele lede van Tzaneen VLU op die streek en provinsiale bestuur gedien.

Die aanbieding van die 23ste konferensie van Koraalstreek VLU op 7 Maart vanjaar was deel van Tzaneen VLU se vyftigste verjaarsdagviering.

Die kersie op die koek was die taklede se heerlike saam eet en kuier op 17 Julie.

Tzaneen VLU vergader die derde Dinsdag van die maand (Desember uitgesonderd) in die kerksaal van die Evangelies Gereformeerde Kerk in Adshadestraat. Gaste is welkom by hulle vergaderings. Skakel Ina Kruger (0829641900) vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button