Local newsNews

Tzaneen: Polisiestasie kort mannekrag, voertuie…en toiletpapier

Personeel, voertuig en toiletpapier tekorte is beduidend van die oorsake waarom misdaad nie effektief in die Tzaneen omgewing bekamp kan word nie.

Op Woensdag, 1 Augustus het die DA ‘n besoek gebring aan die Tzaneen Polisiestasie.

Tydens die besoek het die stasiebevelvoerder die uitdagings wat die stasie moet trotseer agv personeel tekorte uitgelig.

“Die personeel tekort is nie uniek aan die Tzaneen tak nie maar is ‘n voortslepende probleem wat regdeur die Suid Afrikaanse Polisie Diens ervaar word,” het Zakhele Mbhele die DA se skadu minister van polisie gesê.

Die personeel tekort het ook ‘n direkte impak op ‘n satelliet-stasie wat 24 uur beman moet word en ook sektor-polisieëring word negatief hierdeur geraak. Meeste van die tyd is die satelliet-stasie onbeman aangesien die een of twee lede wat aan diens behoort te wees, uitgestuur word om klagtes te ondersoek.

“Ons is ook meegedeel dat die stasie ‘n tekort aan 16 voertuie ondervind,” het Mbhele gesê.

Die geografie van die Tzaneen omgewing is van so ‘n aard dat daar verafgeleë gebiede is wat agv van die personeel en voertuig te korte, nie vinnig bereik kan word indien ‘n voorval sou plaas vind nie.

Vir dieselfde rede is dit ook nie nie maklik om voorkomend op te tree deur patrollies in die gebiede te ry nie. Vuurwapens wat van die polisie skietbaan terug na die stasie toe vervoer is en in stoottrollies gelaai is, is eerstehands deur die DA waargeneem tydens hulle besoek en dui op die totale verwaarlosing en verontagsaming van die reels en regulasies soos deur die wet bepaal.

“Hierdie tiepe optrede maak die stasie potensieël ‘n sagte teiken vir kriminele wat hulle hande op die vuurwapens wil lê,” het Mbhele verder gesê.

“Die bestuur van die aankoop-proses van basiese benodighede laat ook veel te wense oor aangesien die stasie soms vir weke sonder onderandere toilet papier moet klaar kom.”

Die mannekrag en voertuig te korte word duidelik weerspieel in die toename van misdaad in die omgewing.

“Vir die 2016/2017 finansieële jaar het roof en inbrake in nie-residentieële ares met onderskeidelik 26.1% en 31.8% toegeneem.”

Tzaneen is geidentifiseer as een van die top 40 polisieërings-areas waar prioriteit gegee moet word aan die implementering van ‘n landelike beveiligings program, maar gesien in die lig van die genoemde probleme, blyk dit dat daar nog baie water in die see sal loop voor dit gaan gebeur.

LETABA HERALD het Kaptein Motseri die media woordvoerder van die Tzaneen SAPS genader maar hy het geen kommentaar gehad nie.

Related Articles

Back to top button