Tzaneen: Familie dringend opsoek na Stephanie

“Ons wil haar bitter baie graag kry, sy is nog bloed jonk.”

So smeek Rochelle Burger, skoonsuster van die vermiste Stephanie Burger (16).

Rochelle het aan Letaba Herald vertel dat Stephanie glo oor die naweek in Tzaneen gesien is.

Sy is oorspronklik van Krugersdorp.

Haar familie is tans in Tzaneen om te help met die soektog.

Omstandighede rondom haar verdwyning word vir eers weerhou, maar die gemeenskap se hulp in die soektog na haar sal hoog op prys gestel word.

Sy is glo ook volgens ń betroubare bron, wat met die familie geskakel het, Saterdag in Letsitele gesien.

Die voertuig waarin Stephanie vervoer word is glo ń wit Toyota Aygo met registrasie nr: BK 21 SD GP.

Enige persoon met inligting word gevra om 076 474 9994 of 061 345 9833 te skakel.

ń Saak is aanhangig gemaak by die polisie.

 

Exit mobile version