Wildstropery buite beheer

Die weerlose diere is toe aangejaag om deur die strikke te hardloop waar in hulle op 'n onmenslike wrede manier gevang en dood gemaak is.

Wildsboere moedeloos terwyl aanhoudende wild stropery in die plaaslike omgewing tot groot finansiële verliese ly.

Die meedoënlose stroop van wild in die Letsitele, Gravelotte en Phalaborwa areas is besig om kritieke afmeetings aan te neem. Woensdagnag, is 15 dragtige Nyala ooie naby Letsitele op die plaas Eden, van Giel Brits ‘n kwessie van ure gestroop. Brits wat die afgelope vyf jaar al met wild boer, sê dat stropery buite beheer is, en op ‘n daaglikse basis plaasvind.

Die stropers het toegang tot die plaas gekry, deur met behulp van battery kabels, die werking van die elektriese heining te sy stap om te verhoed dat die alarm af gaan. Draadstrikke, wat bestaan uit die span van ‘n dik stuk draad tussen twee bome, met ongeveer tien strikke wat daar aan geheg word, is gebruik om die wild te vang. Tussen 80 en 90 strikke is gestel.

Lees: Maatreëls om stroop-probleem hok te slaan

Die weerlose diere is toe aangejaag om deur die strikke te hardloop waar in hulle op ‘n onmenslike wrede manier gevang en dood gemaak is. Nadat die Nyalas geslag is, het die stropers die karkasse verwyder en die ingewande en fetusse net so gelaat. Om die karkasse te verwyder moes die stropers die draad heining knip, wat daar toe gelei dat die alarm af gegaan het om 03.00 Donderdagoggend. Brits het gaan ondersoek in stel en op die skokkende toneel af gekom.

Die fetussse en ingewande van die gestroopte diere word agter gelaat wanneer die karkasse verwyder word.

Drie dragtige Rooibokooie wat gedek was deur die sogenaamde ‘wit’ Rooibok ramme of ‘white flakes’ het ook in die slag gebly. Brits vertel dat sy Nyalas mak was en “jy tussen hulle kon loop”. Dit was nie die eerste keer dat Brits onder stropers deurgeloop het nie. Drie maande gelede het stropers vier bosbokke en drie ‘swart’ Rooibok ooie gestroop ten waarde van R60 000. In samewerking met ‘n plaaslike sekuriteits maatskappy, was drie arrestasies gemaak na die voorval.

Lees: Three more rhinos lost at the hands of poachers

Volgens Willie Smit voorsitter van die Gravelotte / Ofcolaco gemeenskaps polisiëerings forum, is ‘n radikale toename in stropery die afgelope agt maande waargeneem met wildsboere lans die R71 en R40 wat spesifiek geteiken word. Vir die maande April, Mei en Junie van die jaar is 100 diere gestroop wat insluit Nyala, Sabel, Kameelperd, Rooibok en Rietbokke.

Afset gebiede vir die sogenaamde ‘Bushmeat’ is hoofsaaklik in die ‘trust’ gebiede wat in sluit Sidani, Mulate, Namakgale en Mamietwa. Letaba Herald het ‘n Brigadier by die ‘Tzaneen Cluster’ genader vir kommentaar, maar is toe verwys na n media woordvoerder in Polokwane, maar die het geen kennis gedra van die stropery op Brits se plaas nie. Pogings van die Letaba Herald om die media woordvoerders van die Tzaneen Cluster en Letsitele polisie stasies te kontak was onsuksesvol.

Exit mobile version