Local newsNews

Aquapark sit sonder water

“Man die waterpyp het nie gebreek nie, die ding bly bars want daar is geen instandhouding nie.”

Dit was die reaksie van ‘n inwoner van Aquapark in die Perry Joyntstraat omgewing, nadat inwoners daar die naweek van 2 Junie sonder water moes sit weens ‘n pyp glo gebreek het.

Die nagmerie het volgens inwoners die Saterdagoggend omstreeks 04:00 begin toe hulle met leë krane wakker geword het.

“Dit is die tweede keer in vier weke dat ons sonder water is. Die vorigekeer was dit dieselfde pyplyn waar die pyp net op ‘n ander plek gebars het,’ het die inwoner wat verkies om anoniem te bly aan die LETABA HERALD vertel.

Die pyp se bars word glo toegeskryf aan die groei van boomwortels wat die pyp beskadig het.

Lees: MODJADJISKLOOF: Millions for cars but not for water

“Daardie bome staan al jare daar. Dit is mos nou ‘n bewys dat jare se instandhouding nie gedoen is nie,” het die inwoner gesê. Wat die mense dwars in die krop steek is dat daar maar bitter min kommunikasie van die munisipaliteit se kant was om inwoners in te lig oor die stand van sake. Neville Ndlala het wel op sosiale media ‘n nota gepos om inwoners sodoende in te lig. “Ons ondervind ‘n water verspreidingsprobleem in Aquapark weens ‘n pyp wat gebars het in Aqualaan. Die pyp is onder ‘n boom. ‘n Diensverskaffer is op die toneel om die boom te verwyder. Sodra die boom ontwortel is sal die pyp herstel word.” het die pos gelees.

Ndlala het inwoners verder die versekering gegee, dat indien die probleem nie opgelos kon word nie, daar tydelike maatreël vir die inwoners ingestel sal word. Teen Saterdagmiddag het kontrakwerkers glo handoek ingegooi, om Sondagoggend voort te gaan met die herstel van die pyp. “Niks nie man. Nie ‘n druppel nie. Hier bly soveel bejaardes in my kompleks. Hoe kan daar van hulle verwag word, om op en af te ry om water ten duurste te gaan aankoop.”

Die inwoner vertel verder dat sy die munisipaliteit se waterafdeling geskakel het, maar daar is glo aan haar gesê dat sy die kragstasie moet skakel om te verneem wat die probleem is. “Ek het maar vir ‘n January daar geskakel. Hy is altyd so behulpsaam en ongeloofliflik vriendelik. Hy het my vertel wat die probleem is,” het sy vertel.

Volgens haar was die watertoevoer teen Sondag 16:00 herstel. Tydens die onlangse SOMA van die GTM is daar berig dat watertariewe met 5.3% styg vanaf 1 Julie. R248 miljoen van die somtotaal van R1,236 biljoen is begroot vir herstel en instandhouding doeleindes.

Daar kan maar net gehoop word dat ‘n paar rand van die miljoene, aangewend sal word vir die instandhouding, of moontlik dalk vervanging van die pyplyn in Aqualaan. Dit wil voorkom dat die ‘patch and solution’ van die waterpyplyn nie meer ‘n uitweg is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button