HOEDSPRUIT: Dorpswag kies nuwe bestuur

Peet van der Westhuizen is as voorsitter verkies. Hy vervang Johan Potgieter wat puik werk vir die Dorpswag tydens sy termyn gedoen het.

Tydens die Hoedspruit Dorpswag vergadering wat op Dinsdag 29 Mei 2018 gehou is, is die nuwe bestuur van die Dorpswag verkies.

Peet van der Westhuizen is as voorsitter verkies. Hy vervang Johan Potgieter wat puik werk vir die Dorpswag tydens sy termyn gedoen het. Die ander bestuurslede is: Ondervoorsitter: Schalk du Preez, Sekretaresse: Marie Helm, Penningmeester: Ronel Engelbrecht en Addisionele lid: Chris van der Westhuizen. Die uitgaande Voorsitter, Johan Potgieter, het in sy jaarverslag die volgende suksesvolle projekte uitgelig:

• Die Dorpswag het duidelik sigbare glimbordjies aangekoop en elke aktiewe lid van die Dorpswag kry so ‘n bordjie om by woning en besigheid op te sit. Die bedoeling van die bordjies, wat nou al ‘n bekende kenteken in Hoedspruit geword het, is om mense aan te moedig om by die Dorpswag betrokke te raak.

• Groot borde by Pick n Pay en Spar is aangebring om inwoners en besoekers te waarsku teen die misdaad van afstandbeheersteurnis. Motoriste word aangemoedig om altyd seker te maak dat voertuie inderdaad gesluit is. So het die Dorpswag deelgeneem aan misdaadvoorkoming en om ons mooi dorp veiliger te maak.

Read: Farm Watch assists in heist gang arrests

• “911 Riders” Die groep motorfietsryers wat teen plaasaanvalle gery het, is deur die Dorpswag ontvang. Die Dorpswag, Plaaswag, SAP plaaslike en van ander stasies het toe verskeie misdaadvoorkomingsaksies in Hoedspruit en omgewing uitgevoer.

• Stopstraat moniteringsaksie waar lede vand die Dorpswag vir ‘n week lank elke aand van 6 uur tot 9 uur by stopstrate in Hoedspruit gesit het en motoriste se voertuigregistrasienommers neergeskry het wat nie by stopstrate stop nie. Wat opmerklik was is dat die eerste aand is omtrent net 10% motoriste by die stopstrate gestop, die einde van die week het net 10% NIE gestop nie. Die Provinsiale verkeersafdeling het toe vir 2 weke daarna die aksie voortgesit. Die data wat so ingesamel was, is aan die hoof van Marulengverkeer, Mnr Tau Mogoboya oorhandig.

• Besigheidsregister. Die Dorpswag het ‘n besigheidsregister van alle besighede in Hoedspruit namens die SAP opgestel. SAP het aangedui dat die aantal SAP lede per stasie onder andere bepaal word deur die aantal besighede in ‘n gebied. Die Dorpswag het toe aangebied om die register op te stel sodat meer SAP lede aan Hoedspruit toegeken kan word.

Read: Welkom in Limpopo “911 Riders”

Potgieter het die uitgaande bestuur bedank vir die uitstekende ondersteuning van hy deur sy termyn ontvang het. Hy het die nuwe bestuur geluk gewens en sterkte toegewens.

Die nuwe voorsitter, Peet van der Westhuizen, het gesê dat dit ‘n voorreg is om as voorsitter van so ‘n besonderse organisasie verkies te word. Hy het gesê dat die Dorpswag ‘n uiters noodsaaklike taak in Hoedspruit uitvoer en ‘n onontbeerlike aandeel in misdaadvoorkoming speel.

Sigbaarheid is bewys as een van die mees suksesvolle maniere om misdadigers te verdryf en as oë en ore van die SAP speel die Dorpswag daardie rol met onderskeiding. Hy sien uit om met die hoogs gemotiveerde en toegewyde lede saam te werk.

Van sy doelwitte is die vestiging van ‘n Operasionele beheerkamer om operasies te kan beplan maar ook om optrede en veiligheidsaksies te koordineer. Van der Westhuizen het gesê dat hy die goeie verhouding met die SAP sal behou, bevestig, versterk en uitbou. Hy sien ook daarna uit meer lede van die Hoedspruit gemeenskap aktief betrokke te maak.

Exit mobile version