Waterbeperkings vir boere aangekondig

Die uiters kommerwekkende vlak van die Tzaneendam het die Letaba Watergebruikersvereniging vandeesweek genoop om nog verdere streng beperkings vir alle boere aan te kondig.

Tydens ‘n vergadering op 25 Mei is besluit dat alle besproeiers 50% van een twaalfde van hulle kwota maandeliks mag gebruik. Dit beteken dat boere van nou af slegs die helfte van hulle waterkwota mag onttrek.

Lees: Questions arise over construction of dam wall

Dit gaan beslis ‘n negatiewe impak op die ekonomie van die omgewing te weeg bring. Ironies genoeg het die Tzaneense munisipaliteit nog geen beperkings op primêre gebruikers aangekondig nie. Hoewel landbou die grootste gedeelte van die water in die Tzaneendam gebruik, is dorpsverbruikers se vervruik vinnig aan die toeneem.

Die vinnig dalende vlak gaan beslis beperkings op dorpenaars ook meebring. Intussen is daar steeds vrae oor waarom die Departement van Water massas water uit die dam losgelaat het met die oog op konstruksie aan die wal.

Lees: Dam level keeps declining

Die konstruksie vorder teen ‘n slakkepas en die massa water wat uitgelaat is kan nooit herwin word nie. Intussen is daar steeds nie duidelikheid oor wanneer die wal verhoog gaan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version