Local newsNews

Kom ons beskerm ons kinders

“It takes a village to raise a child”.

Kinders lê die meeste mense na aan die hart en elke jaar kry die SAVF die geleentheid om hulle harte hier oor aan die wêreld bloot te lê.

Nasionale Kinderbeskermingsweek ( 27 Mei tot 3 Junie ) het ten doel om mense bewus te maak van die weerloosheid van kinders en ons verantwoordelikheid om kinders, as die toekoms van ons land, te beskerm Die konsep van Kinderbeskermingsweek het sy oorsprong in die Afrika gesegde:

“It takes a village to raise a child”.

Kinderbeskermingsweek is gedurende 1997 geïnisieer met die doel om alle sektore en gemeenskappe te mobiliseer ten einde die holistiese ontwikkeling van kinders ten aansien van hul versorging en beskerming te verstaan en te beklemtoon.

Ten einde ons opdrag, naamlik die beskerming van ons kinders, uit tevoer is dit nodig om na kinder werwaarlosing as sulks te let. Wat is die aanduidings dat ‘n kind mishandel word? Fisiesemishandeling: Fisiese mishandeling is wanneer ‘n kind deur ‘n volwassene fisies beseer word: Onverklaarbare bloukolle, frakture, wonde, sigaretbrand merke Uitermatige, onbeheersde en ontoepaslike fisiese straf van ‘n kind vir ‘n geringe oortreding Word nie vir mediese behandeling geneem nie. Word nie teen die elemente van die natuur beskerm nie, byvoorbeeld: die kind word buite in die koue gelos, of dra nie die regte klere vir weersomstandighede nie. Word nie van voedsamekos voorsien nie, of selfs van geen kos nie.

Emosionele mishandeling is ‘n gedragspatroon wat ‘n kind se emosionele ontwikkeling en selfwaarde negatief beïnvloed: Verbale mishandeling,- die kind word sleggesê, emosioneel afgekraak, konstante kritiek, dreigemente, verwerping, manipulering en weerhouding van liefde en ondersteuning Seksuele mishandeling is wanneer ‘n kind: Blootgestel word aan pornografie of die gebruik van ‘n kind vir die maak van pornografie.

Blootgestel word aan die seksuele aktiwiteite van volwassenes Seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n ouer of familielid, of die toelaat van die seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n persoon. Blootstelling aan gesinsgeweld. Selfs net die waarneming van gesins geweld teenoor sy of haar ma of tussen albei ouers het ‘n emosionele vernietigende uitwerking op die kind se emosionele ontwikkeling. Gesinsgeweld is nie net fisiese geweld nie maar sluit ook onvanpas teen afkrakende verbale gedrag in.

“Gesinsgeweld vernietig kinders se toekoms nog voor die grondslae daarvan gelê is. Gesinsgeweld skep ‘n onveilige en onsekere omgewing vir kinders. Deur kinders se hoop op ‘n toekoms te vernietig, veroorsaak dat hulletwyfel of hulle van belang is. (prof Antoinette Lombaard, Hoof: DeptMaatskaplikeWerkenKriminologie UP , 08-06-2015.

Jy kan ‘n verskil maak. As jy dit nie stop nie, wie sal? Geen volwassene kan die standpunt in neem dat dit die Staat of Maatskaplikewerkers se verantwoordelikheid is waar dit by die beskerming van kinders kom nie.

Sake word dikwels eers by Maatskaplike werkers aangemeld nadat die kinders reeds emosioneel of fisies erg getraumatiseerd is. Die beskerming van kinders is elke volwassene se verantwoordelikheid. Jy is verplig om enige vorm van mishandeling, molestering van kinders of handeldryf met kinders aan te meld.

Dit is ‘n duidelike gestipuleerde bepaling van die Kinder wet en die Wet op Seksuele Oortredings. Dit is ‘n misdryf om die nie aan te meld nie. ‘n Slimgeleerde het gesê : “ Ons doel as ouers is om kinders groot te maak wat nie hoef te herstel van hul kinderjare nie” (Skryweronbekend. )

Kom ons beskerm ons kinders en help en sorg so dat SuidAfrika se toekoms verseker word.

Related Articles

Back to top button