TZANEEN: Dié aand het gedraai om ons skrywers

Die plaaslike skrywersaand wat Vrydagaand aangebied is by Fairview Hotel was gehul in 'n milieu van boeke.

Dit was ook wat ieder en elk wat die aand bygewoon het in gemeen gehad het. Boeke, lees en geskiedenis.

Daar was kenners op dié gebied wat alles perfek afgerond het.

Die aand se spil het gedraai rondom ‘n hele aantal plaaslike skrywers asook skrywers wat hier gebore en getoë is, maar nou elders woon.

Jeanette Ferreira is spesiaal verwelkom wat haar weg oop gesien het om al die pad van KZN die aand te kon meemaak. Volgens Amanda Vorster, organiseerder van die aand het dit nie baie oorreding gekos om Jeanette in Tzaneen te kry nie.

“Die tower woord was Deerpark, en toe sê sy, ek is daar,” het Amanda in haar verwelkomings toespraak gesê.

Deerpark is die geboorteplaas van Jeanette waar sy grootgeword het en sy het ook gematrikuleer aan die Hoërskool Merensky. Professor Louis Changioun het uit die aard van die saak ‘n groot aandeel aan die aand se sukses gehad. Hy het opgetree as gasspreker en aan die gehoor ‘n bietjie beter oorsig gegee oor wat dit behels om ’n historikus te wees.

Amanda Vorster, Jeanette Ferreira en Desiree van der Walt tydens die aand. Al drie verjaar saam op 20 April.

Changuion spog met reeds 23 boeke op sy kerfstok. En Jeanette spog met 17, meeste daarvan geskiedkundige romans.

Johan Ernst, Charles Leach en Lynn Ras is ook verwelkom.

Geskiedenis is die deurlopende tema in al hierdie skrywers se boeke.

PNA was ook teenwoordig wat van ons plaaslike skrywers se boeke te koop aanbied. Changion het die gehoor toegespreek oor wat ‘n skrywer is. Hy het tong in die kies gese dat dit maklik is. “Kry net pen en papier en skryf.”

Hy het sy ondervinding gedeel oor hoe hy as historikus ‘n skrywer geword het.

”n Historikus is ‘n skrywer en jy kan die twee nie skei nie,” het hy vertel.

Volgens Changuion was sy belangriskte jaar sy Honneurs jaar, want volgens hom is dit die jaar waarin jy leer om te skryf.

“Jy leer van die filsofie en die metodiek van geskiedenis, en jy word bekend gestel aan die argiewe wat die primêre bronne van jou navoring is. Jy leer wat objektiwiteit is en sonder om bevooroordeel te skryf en objektief te bly,” en dit, volgens hom was als die eerste stap vir hom om ‘n skrywer te word.

Na sy Honneurs jaar het hy ingeskryf vir sy meesters graad, en kon hy sy navorsing begin toepas op die skryf van sy verhandeling.

Changouin het toe reeds besef dat hy nog nie bereik het wat hy wou nie. Hy het sy Doktors graad aangepak.

Hy moes iets skryf waaroor niemand nog ooit geskryf het nie, om sodoende ‘n bydrae tot die geskiedenis te maak.

Na sy studies het hy hegin doseer, en kon hy publiseer. Hy het ook die voordele van self publiseer en die gebruik van uitgewers verduidelik. Vir Changioun is skryf sy professie en passie, hy geniet sy navorings en om elke dag voor die rekenaar te sit en skryf. “Dis hard in die begin, dit vat 10 jaar vandat jy ingeskryf het vir jou BA graad, tot jy jou doktersgraad kry,” het hy verduidelik maar tog ook aangemoedig.

“Ek sal graag ‘n historiese roman wil aanpak, eendag voor ek te oud is,” het hy afgesluit.

Jeanette Ferreira, die fiksie skrywer was ook aan die woord. Sy het die verskil tussen fiksie en geskiedenis skryf opgesom.

“Die historikus maak jag op die dokumente en hy wyk nie daarvan af nie en hy probeer so objektief as moontlik te wees, waar ‘n fiksie of roman skrywer dissipline moet hê en nie ‘sweet’ raak nie, jy moet nog steeds geloofwaardig skryf dat die skywer jou kan glo, en dat jy geloofwaardigheid kan afstempel vir iemand met gesonde verstand,” het sy verduidelik.

Geleerdheid en wysheid lê volgens haar baie vêr uitmekaar.

“Ek hoop nie dat my gesonde verstand te doen het met die feit dat ek ook ‘n doktors graad het ‘n professor was nie, ek hoop dat my gesonde verstand af kom van die goeie mense wat my groot gemaak het en al die ou mense wat ek hier leer ken het en van wie ek vandag verstaan dat geleerdheid en wysheid baie ver en wyd uit mekaar uit lê.”

Daar is gesellig gekuier en gesmul aan kaasborde wat voorsien is deur Fairview Hotel.

En natuurlik, is menige daar weg met arms vol boeke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version